HomePlaas TVBonsmara word amper 60! Ons gesels vleisuitvoere en perfekte melkkoeie... en wat...

Bonsmara word amper 60! Ons gesels vleisuitvoere en perfekte melkkoeie… en wat sleep jou trekker?

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

Bonsmara SA word volgende jaar 60 jaar oud. Louis Steyl kuier in die Plaas TV-ateljee om hieroor te gesels. Hy brei ook uit oor wat hulle as genootskap beplan vir die res van die jaar.

Saoedi-Arabië se voedsel-en-medisyne-owerheid het onlangs sy verbod op vleis- en rooivleisproduk-invoere vanaf Suid-Afrika opgehef. Volgens Louw van Reenen van die Beefmaster-groep sal dit egter nog ’n tydjie neem voor die eerste besending vleis daarheen uitgevoer kan word. Susan Marais gesels nou met hom hieroor.

Selenium en die voordele van organiese selenium by dierevoeding kom onder bespreking in dié aflewering van Plaas TV. Volgens dr Johann Stadler van Antrovet neem die gewildheid van dié spoorelement toe. Kyk gerus na die insetsel vir meer hieroor.

EDE Farming het onlangs hulle boeredag in Middelburg aangebied. Die tema van die dag was “Bull Power – the key to progress”. Plaas TV het tydens dié geleentheid met Poena van Niekerk gesels oor die doel van die dag. Kyk die insetsel vir meer hieroor.

‘n Trekker moet ‘n implement sleep om die werk te kan doen, maar hoe lyk die verkoop en aankoop van dié tipes implemente. Vandag kuier Karel Munnik by ons in die Plaas TV-ateljee om hieroor uit te brei.

It is #ResearchFriday which means it is time to once again become acquainted with the research projects conducted by the team at the Agricultural Research Council. This week we visit the ARC Infruitec-Nietvoorbij, based in Stellenbosch.

Farm TV is proudly brought to you by Elanco South Africa and Jonsson Workwear.

Did you know that Farm TV has a Facebook page? Visit our page at https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr to stay up to date with the latest agricultural news and topics!

Click on the YouTube channel’s link to watch Farm TV’s episodes again: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV was launched in June 2020 and provides top quality and factually correct agricultural news and content. Click on the link above to view all Plaas TV’s content of the past two years. From agricultural shows to the history of Pinotage wine, Plaas TV covers all corners of the agricultural sector.

Must Read

RSG Landbou: 4 September 2024 – geborg deur MSD

Die belang van omgewingsreg en -bestuur vergroot namate omgewingskwessies dringender raak. Hierdie onderwerp het onder bespreking gekom tydens Agbiz Grain se 8ste SHEQ-virtuele werksessie....