Estimated reading time: 3 minutes
Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Die direkteur van Exact Silage, Burger Marais, brei uit oor die uitdagings by kuilvoermaak en bespreek ook doeltreffende oplossings. Hierdie onderhoud werp lig op die innoverende benaderings wat die maatskappy volg om probleme aan te spreek en ‘n positiewe impak op die kuilvoerbedryf te maak.
- Africa’s Growth and Opportunity Act (AGOA) was passed as part of the Trade and Development Act of 2000 in the USA. It provides duty-free access to the USA market for almost all products exported from more than 40 eligible sub-Sahara African (SSA) countries, including South Africa. Wolfe Braude of Agbiz, sheds some light on how this has benefitted South African agriculture.
- David Kelder, die nuwe besturende direkteur van Smith Power Equipment, het by die afgelope Nampo Oesdag met Jan Schoeman oor sy ervaring in die bedryf gesels.
- On 3 August this year, a Boran bull named Cyclone BH 18 749 made history at the Hurwitz Farming 10th production auction held at the Bull Ring in Davel, Mpumalanga. Cyclone was sold for an incredible R8 million, setting a new record for the highest price paid for a bull in South Africa. The Plaas TV team also attended this event, and spoke to a few role players.
- Drie klimaatslim-veeboere het deurgedring as finaliste in Plaas Media se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek wat vanjaar vir die derde keer aangebied is. Die projek het in 2024 verskeie inskrywings ontvang van produsente wat almal klimaatslim boerderypraktyke op hul plase toepas. Kom ons vind uit wie vanjaar se wenner is.
- The University of Pretoria has launched their FARM@UP project which will be a working farm, for practical training of students, scholars and industry practitioners, but also a facility for joint university-industry research at scale. FARM@UP is the earmarked vehicle to unlock the future of agriculture in a high-tech research and development environment. Plaas Media attended the launch to get some feedback.
- Bonsmara Genetics se veiling is 9 Augustus op die plaas Smallepad in die Roedtan-omgewing aangebied. Vanjaar se veilingsaanbod het bestaan uit bulle en vroulike diere van topgehalte genetika danksy gerekende en beproefde stambome. Uitstekende pryse is gedurende hierdie veiling behaal. Jannie Senekal gee nou terugvoer.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube-kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.