Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes

Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit.

Get the Domestic pork industry carcass price statistics.

The latest weekly red meat prices are brought to you by Absa. Please note that these prices do not reflect retail prices.

SAFEX yellow maize spot price per ton – 10 May: 4 061

Absa-rooivleispryse/red meat prices (c/kg):

Bees/Beef

Karkas/CarcassSpeenkalf/Weaner calf
(Lewendig/Live)
A2/3: 5 3953 249
B2/3: 4 750
C2/3: 4 330

Chris Derksen gesels vleispryse op RSG Landbou. Luister nou na die jongste onderhoud:

Lam/Lamb

Karkas/CarcassSpeenlammers/Weaner lamb
(Lewendig/Live)
A2/3:8 4794 058
B2/3:6 357
C2/3:5 360

Vark/Pork

Karkas/Carcass
Baconers3 118
Porkers3 113

Rooivleis- en lewendehaweprysverslag

Die verslaggewing van rooivleis– en lewendehawepryse skep dikwels verwarring onder lesers wat nie produsente is nie, aangesien hulle nie altyd die mark en die funksionering daarvan gewoond is nie. 

Die volgende inligting poog om lig op die manier waarop pryse weergegee word te werp. Een van die redes waarom verwarring soms voorkom is dat daar dikwels na die ‘plaashekprys’ verwys word. In die geval van ‘n karkasprys maak hierdie term dan nie sin nie, aangesien die diere tog by die abattoir geslag word en nie op die plaas waar die plaashek in berekening is nie.

Plaashekpryse is egter ‘n figuurlike verwysing wat nie letterlik opgeneem moet word nie. Dit is ‘n prysverwysing na die prys wat die produsent simbolies ontvang wanneer die produk die plaas verlaat, sonder om aftrekkings en/of byvoegings vir vervoer en ander uitgawes tussen die plaashek en die plek waar die transaksie amptelik plaasvind, te maak. As voorbeeld kan ons na karkaspryse kyk.

Karkaspryse word per kilogram koue karkasgewig weergegee. Indien die A2-lamkarkasprys R87/kg is, betaal die abattoir die boer R87/kg (BTW uitgesluit) koue karkasgewig. Hierdie is die totale prys wat die produsent vir die karkas ontvang, sonder om vervoerkostes en kommissie in te reken. Dit is dus asof die dier by die plaashek geslag is. In werklikheid moet die die produsent nog sy/haar vervoerkoste van die plaas na die abattoir by die prys gaan aftrek, en/of die kommissie, indien die vee deur ‘n veeagent bemark was.

Indien ‘n mens die lewendige pryse van slagdiere wil vasstel, moet jy die karkasprys deur die uitslagpersentasie verwerk. In die geval van skaapvleis, kan jy op ‘n uitslagpersentasie van ongeveer 48 tot 50% (karkas van lewendige gewig) werk. In die geval van bees is dit ongeveer 55 tot 62%. Hierdie lewendige pryse word ook grootliks deur die kondisie van die betrokke dier beïnvloed.

Speenlam- en speenkalfpryse word per kilogram lewendige gewig, op een van twee maniere weergegee: veilingspryse en derhalwe moet kommissie en vervoer nog van die prys afgetrek word, of plaashekpryse, waar die voerkraal of agent direk by die produsent op die plaas die diere oplaai en dit die finale prys is wat aan die produsent gebied word. Die pryse van speenlammers en -kalwers moet dus verkieslik nie tussen twee verskillende bronne vergelyk word nie, aangesien die tipe prys (plaashek of veiling) van mekaar kan verskil. – Dr Frikkie Maré, redakteur: Veeplaas

Epos (klik op naam) Abrie Rautenbach of Paige Bowen van Absa vir meer inligting oor die week se plaashek-rooivleispryse.

Reporting on red meat and livestock prices

Reports on red meat and livestock prices often confuse readers who are not producers themselves. This is due to a lack of understanding regarding the inner workings of the livestock market.

The following information aims to give some clarity on the manner in which these prices are conveyed. One of the main things that causes confusion is the term ‘farm gate prices’. In the case of carcass prices, this term doesn’t make sense since the animals in question were slaughtered at an abattoir, and not on a farm where the farm gate can be brought into account.

The farm gate price is a figurative term and should not be taken up literally. The term refers to a price that the producer figuratively receives when the product leaves the farm, without taking into account any deductions or additions regarding transport or any other expenses between the farm gate and the place where the transaction took place. We can look at carcass prices as an example.

The carcass price is conveyed based on per kilogram cold carcass weight. If the A2 lamb carcass weight is R87/kg, the abattoir will pay the farmer R87/kg (excluding VAT) cold carcass weight. This is the total price that the producers will receive for the carcass without taking travelling expenses or commission into account. In other words, it is as if the animal was slaughtered at the farm gate. In reality, the producer still has to deduct travelling expenses incurred when transporting the animals from the farm to the abattoir and/or the commission owed to an agent if the producer made use of a livestock agent to market the livestock.

If you want to determine the price of live slaughter animals, then you have to calculate the carcass price by means of the dressing percentage. A dressing percentage of 48 to 50% (carcass of live weight) is acceptable for sheep. A range of 55 to 62% is acceptable for cattle. It should be noted that the price for live slaughter animals is also greatly influenced by the condition of the animal in question.

The prices of weaner lambs and calves are shown as per kilogram live weight. These prices can be conveyed in one of two ways. Firstly, as auction prices, which means that commission and travelling expenses still need to be deducted, or secondly, as farm gate prices which is the final price offered to the producer. With farm gate prices, the feedlot or agent collects the animals directly from the producer on the farm. The price of weaner calves and lambs should therefore not be compared if sourced from different price types (farm gate or auction) seeing as these prices may differ. – Dr Frikkie Maré, CEO of the Red Meat Producers Organisation