HomeMarketsKatoen-verwysingsprys: Week van 6 tot 10 Mei

Katoen-verwysingsprys: Week van 6 tot 10 Mei

-

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op die weeklikse gemiddelde Des ’24 New York Futures-prys vir SLM 1/16″- (Duns A2) vesel, met inagneming van die wisselkoers.

Hoe om oor insetkoste te onderhandel.

Dit is egter belangrik om daarop te let dat hierdie slegs ’n verwysingsprys is en dat elke boer se finale prys bepaal word deur die toepaslike bemarkingsmodel, die werklike gehalte van die vesel en die aftrekking van kostes soos vervoer, pluiskoste, gradering, heffings, uitvoer, stoor en rente.

Hierdie gemiddelde weekprys word elke Maandagmiddag op die webwerf van Katoen SA gepubliseer en ook per WhatsApp aan belangstellende boere gestuur. Volg hierdie skakel: Katoenprys WhatsApp-groep, van jou foon af indien jy voortaan die inligting per WhatsApp wil ontvang, of stuur jou naam en selfoonnommer na enquiries@cottonsa.org.za. – Katoen SA-nuusbrief


Palmer amarant en weerstand: ’n Bose kombinasie

Palmer amarant (Amaranthus palmeri) is ’n onkruid wat saaiboere hoofbrekens besorg omdat sy samestelling en weerstand teen onkruiddoders die beheer daarvan uiters moeilik maak. Met die verskyning van Palmer amarant, wat die eerste keer in 2018 in Suid-Afrika geïdentifiseer is, moet alles moontlik gedoen word om die voortgesette en winsgewende produksie van breëblaargewasse soos sonneblom, aartappels, sojabone, droëbone, grondbone, katoen en lusern te verseker. 

Ingrid Boshoff, tegniese onkruiddoderkenner by Syngenta Suid-Afrika, verduidelik hoe Palmer amarant, ook bekend as Palmer-misbredie, met vroeë, vinnige en effektiewe optrede suksesvol beheer en uitgeroei kan word.

Lees meer hier.

Must Read

RSG Landbou: 15 Mei 2024 – geborg deur BKB

Clement October van Klein River Cheese by Stanford is tydens vanjaar se SA Suiwelkampioenskappe met die eerste Hollard Game Changer-toekenning vereer. Agri-Expo het dié...