RSG Landbou: 14 Mei 2024 – geborg deur BKB

Die Vrystaat Landbou-kollege, net buite Bloemfontein, het in 2023 sy deure geopen. Dr Antonie Geyer gesels onder meer oor die kursusse wat hulle aanbied asook die toelatingsvereistes.

Oranjeriviervoere het onlangs ‘n boeredag op Prieska aangebied. Een van die sprekers was die bekende vrugteboer van die Noord-Kaap, Piet Karsten. Hy het ‘n hele paar lesse met uitvoere geleer wat hy met veeboere gedeel het.

Ons hoor wat prof Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie oor naspeurbaarheid te sê gehad het en die 17-jarige JG Badenhorst van Hoërskool Prieska, gesels oor sy passie vir sy eie Dorperstoet.

Heinrich Victor is ook terug met die wolmarkverslag.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

’n Beplanningskalender vir herkouerprodusente

Estimated reading time: 8 minutes Veeplaas het by finansiële kenners gaan aanklop om uit...

Regverdige en billike vergoeding vir grond

Estimated reading time: 5 minutes Artikel 25(2) van die Grondwet van die Republiek van...

Predators and problem animals on South African livestock farms

Estimated reading time: 6 minutes Livestock producers face many challenges, such as predator-related losses....

Ondersoek na vleisgehalte van die Boran-bees

Estimated reading time: 6 minutes Die Boran word beskou as ‘n vroeg-volwasse, medium-raam dier....