RSG Landbou: 15 September 2025 – geborg deur Netafim

In vanoggend se RSG Landbou is daar gesels oor die Karoo Boerbok-veldramprojek, Netafim en die Komga-landbouskou.

Meer oor veldramprojek

Die meeste kommersiële boerboktelers vra vir veldaangepaste ramme en dis die rede vir die Karoo Boerbok-veldramprojek. PW Botha brei uit en praat ook oor hul veiling van 25 September op Jansenville.

Netafim vier 60ste bestaansjaar

Netafim vier vanjaar hul 60ste bestaansjaar. Die Netafim-span in Suid-Afrika het ‘n kernrol in die ontwikkeling van laevloeidrupbesproeiingskonsepte gespeel. Ons gesels met Jovan Erasmus.

Als oor Komga-landbouskou

En as jy belangstel om vanjaar die Komga-landbouskou by te woon, vertel ons jou meer. 

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister...

RSG Landbou: 23 Julie 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die prestasie en produksie van die suiwelbedryf in Suid-Afrika en elders, en...

RSG Landbou: 22 Julie 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons uit of Suid-Afrika gereed is vir die volgende voëlgriepuitbreking en Sebadja Bonsmaras se veiling op...