RSG Landbou: 22 Julie 2026

Share This Post

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons uit of Suid-Afrika gereed is vir die volgende voëlgriepuitbreking en Sebadja Bonsmaras se veiling op 7 Augustus.

Is Suid-Afrika gereed vir die volgende voëlgriepuitbreking?

Is Suid-Afrika gereed vir die volgende voëlgriepuitbreking? ‘n Webinaar is onlangs hieroor aangebied waartydens Izaak Breitenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging een van die paneellede was. Hy gee terugvoer.

Sebadja Bonsmaras hou veiling

‘n Bonsmara-produsent van die Roedtan-omgewing in Limpopo vertel hoe hulle die afgelope jaar se uitdagings in die veebedryf hanteer het. Volgens Johan Boshoff van Sebadja Bonsmaras gee die hoër speenkalfprys hulle weer moed. Hy gesels oor hulle veilingsaanbod van 7 Augustus op die Plaas Smallepad.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 29 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

Ontwikkel ’n skerp oog vir rasstandaarde en die metodiek van kleinveebeoordeling

Estimated reading time: 7 minutes Die vertoning en beoordeling van...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...