In Donderdag, 23 Julie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- James Pretorius, regsadviseur by die LWO werkgewersorganisasie, gesels oor arbeidsontwikkelinge waarvan werkgewers moet weet.
- Carin Venter van Plaas Media gesels met Deon Cilliers, bewarings-bestuurder van Cheetah Outreach Trust oor die opleiding en gebruik van Anatoliese herdershonde.
- In ons gereelde Bonsmara SA gesprek, gesels Johan met Louis Steyl, hoofbestuurder van Bonsmara SA oor die Bonsmara tydskrif-Die Rooi Ras, wat in Augustus sy twintigste uitgawe vier.
- Bertus van Heerden, hoof ekonom van die Melk Produsente Organisasie gesels oor Melk SA se Lacto Data verslag en hoe dit met die melkbedryf in SA gaan.
- Dr Johnny van der Merwe is aan die woord met sy weeklikse AMT markverslag.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
