In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die prestasie en produksie van die suiwelbedryf in Suid-Afrika en elders, en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.
Prestasie en produksie van die suiwelbedryf in Suid-Afrika
Nieu-Seeland, Australië, die VSA, Europese Unie en Argentinië is sleutel suiwel-uitvoerlande. Volgens die jongste syfers van die Wêreld Monetêre Fonds is daar vir die eerste keer in baie jare ‘n sterk groei in onverwerkte melkproduksie. Maar wat beteken dit vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf? Melk SA se jaarlikse Lacto Data-verslag verskaf inligting oor die struktuur, prestasie en produksie van die suiwelbedryf in Suid-Afrika en elders. Ons gesels met Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie oor die inhoud van die verslag.
Nuutste weervooruitsigte
Reënvalvooruitsigte vir graangebiede in die Wes-Kaap lyk nie gunstig nie, maar dalk het die prentjie verander. Vir ons nuutste landbouweervooruitsigte, moet nie ons gesprek met Johan van den Berg misloop nie.
Nuutste vleispryse
Dan is Chris Derksen terug met die week se vleispryse.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
