Die week is op sy rug en ons kyk terug na sekere van die inhoud wat op Plaas TV uitgesaai is.
Die Sojaboonsimposium het op 29 Julie in Pretoria plaasgevind. Brasilië is tans die wêreldleier in sojaboonproduksie. Dr Leandro Diniz was een van die sprekers en het daar met Plaas TV gesels. Een van die ander sprekers was prof Ferdi Meyer van BFAP.
Biofarm is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat in 1998 in Kroonstad gestig is. Hulle spesialiseer in die verkoop en verspreiding van produkte vir die dieregesondheidsbedryf. Biofarm het takke in die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes, Wes-Kaap, Gauteng, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Namibië. Hulle is bekend vir hul kundigheid in voorraadbestuur, pakhuise, verkope en logistiek.
Agrofors is ‘n Suid-Afrikaanse landboumaatskappy met sy hoofkantoor in Oudtshoorn. Dit is ‘n volfiliaal van die Klein-Karoo SaadGroep, wat beteken dat Agrofors toegang het tot KKS se uitgebreide saadkennis en -produksiekapasiteit. Die maatskappy is in 2021 gestig, maar bou voort op die fondasie en kundigheid van KKS, wat een van die oudste saadmaatskappye in Suid-Afrika is.
Antrovet is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat spesialiseer in dieregesondheidsprodukte. Hulle verskaf hoë gehalte en bekostigbare produkte aan boere, veeartse en landbou-kleinhandelaars landwyd. Hul produkreeks fokus hoofsaaklik op beeste, skape, bokke, varke en pluimvee.

