Tuesday, December 16, 2025
HomePlaas TVRooivleis in die kollig op Plaas TV

Rooivleis in die kollig op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Daar word nie net met skape, beeste en vliegduiwe op die plaas Lushof duskant Burgersdorp geboer nie, maar ook met genetika. Dié familiestorie het in 2006 begin nadat Chris Blignaut se pa, Pieter Koekemoer, die plaas gekoop het. Hulle het Gauteng vir die Stormberge verruil waar hulle aanvanklik met Vleismerino’s geboer het en mettertyd oorgegaan het na Dohne-Merino’s.
  • Die eerste uitdun van die 12de Plaas Media Toyota SA Jong Afslaerskompetisie het by die Bloemskou plaasgevind. Pietman Oosthuizen is as streekswenner aangewys.
  • The Red Meat Industry Services (RMIS) officially launched its “Field to Future” project aimed at the alignment of research, development, and implementation efforts. The end goal is to achieve the South African red meat sector’s 2030 growth ambitions. Dr Phillip Oosthuizen, COO of RMIS, tells us more about this research and development initiative.
  • James Pretorius van die LWO-werkgewersorganisasie beantwoord vrae oor dienskontrakte, waarom dit so belangrik is om ‘n dienskontrak te hê en wat volgens die wet daarin vervat moet word. Moet daar steeds ‘n kontrak wees as die verskillende partye sê hulle “vertrou mekaar”?
  • SA Stamboek se Elite-funksie het op 28 April 2025 by Monte Bello Landgoed in Bloemfontein plaasgevind. Hierdie glansgeleentheid gee erkenning aan die beste van die beste telers, stoetkuddes en stoetdiere. Die toekennings is deur die gesogte Vleissentraal/SA Stamboek Nasionale Elite 2025 Bulgroeitoetsklas by Bloemskou voorafgegaan.
https://youtu.be/sEhzXlvWVY4

Must Read

Chubby Chick skietvoorval – tweede direkteur sterf

Estimated reading time: 6 minutes Deon Fourie, mede-direkteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is vanoggend (14 Desember) in 'n Gauteng-hospitaal oorlede. Die nuus is deur...