Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
Agri’s Got Talent (AGT) is terug vir ‘n 12de seisoen en inskrywings is nou amptelik oop. As jy in die vrugte-, wyn- of sitrusbedryf werk en ’n passie vir sang het, is dit jou kans om te skitter.
Of jy nou by die kerk, in die pakstoor, in die wingerde of in die stort sing – AGT wil jou stem hoor. Inskrywings sluit 31 Julie 2025. Om in te skryf, stuur ’n stemboodskap (maksimum 3 minute) via WhatsApp na 082 372 1577 of e-pos jou opname na info@agrisgottalent.com.
Met ongeveer 370 telers en net meer as 56 000 geregistreerde diere, sê Sytze Smit, rasdirekteur van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, dit gaan baie goed met dié ras.
Inskrywings is oop vir die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskap, wat plaaslike vervaardigers die geleentheid bied om hul beste gepreserveerde produkte ten toon te stel.
Die kampioenskap is oop vir vervaardigers en klein ondernemings regoor die land, en fokus op gepreserveerde vrugte- en groenteprodukte in byna 200 klasse, insluitend konfyt, marmelade, blatjang, piekels, pesto’s en meer.
Die Desert Beef-slagkompetisie en -voerkraalinligtingsdag was weer ‘n groot sukses. Twee karkaskompetisies is aangebied met 16 produsente en 96 slagosse en die wenners van die bees – en slaglamkompetisie is op die Upington-landbouskou aangekondig. Dirk Human staan ons te woord en vertel meer oor die ontstaan en geskiedenis van Desert Beef.
Pannar Seed is a dynamic South African seed group with research and development at its core. They are one of the largest field crop seed producers and suppliers in Africa and a significant and respected member of the international seed industry.
Die Braford, ‘n kruising tussen die Brahman en Hereford, is bekend vir sy uitsonderlike vrugbaarheid en vleisgehalte, wat van die Hereford se kant af kom en gehardheid, wat van die Brahman se kant af kom.
Die wenners in die jaarlikse Santam Landbou en Nasionale Wolkwekersvereniging se fotokompetisie is dié week tydens die vereniging se kongres in Port Elizabeth bekend gemaak. Vanjaar se kompetisie het inskrywings van regoor die land ontvang en beoordelaars moes stoei om drie wenners uit die 43 inskrywings te identifiseer.
Die Simbra-beestelersgenootskap het op 20 en 21 Mei ‘n werkswinkel vir beoordelaars en keurders aangebied. Kobus Bester, rasdirekteur van die telersgenootskap, vertel meer.

