Tuesday, January 13, 2026
HomePlaas TVWenners en landboukennis - dié week op Plaas TV

Wenners en landboukennis – dié week op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weer ‘n allegaartjie van kykstof opgedis en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

Plaas Media se Veeplaas Klimaatslim-ambassadeursprojek is ‘n kompetisie vir boere wat erns maak met klimaatsverandering en wat maniere soek om volhoubaar daarmee saam te boer. Daar was vanjaar weer goeie belangsteling in die kompetisie. Kyk na dié video om uit te vind wie vanjaar se wenner is – Willie Storm of Stephan Becker?

Voermol Stressbuster is ‘n energie-aanvulling, geformuleer om stres in herkouers teen te werk.

Dit verbeter onder meer droëmateriaalinname in herkouers wat stres ervaar, verbeter en ondersteun spysverteringskanaal-integriteit en verbeter die verteerbaarheid van voedingstowwe.

Die wenners van die Biltong-karkaskompetisie is op 31 Mei 2025 op Kuruman bekend gemaak. Sedert die aanvang van die kompetisie het die belangstelling onder veetelers elke jaar gegroei. Vanjaar het 413 deelnemers ingeskryf en die beste karkas moes uit 609 beeste gekies word. Willem Scholtz van die Scholtz Brangus Boerdery in die Louwna-gebied het vyf beeste vir die kompetisie ingeskryf en al vyf hierdie karkasse was onder die finaliste. Hy het die enkel-karkaswenner in die kompetisie gelewer.

Bell Equipment designed new and improved products and Jeremiah Mokhomo and Jan Ferreira take us through the workings.

Die LRF-veeskool is gestig om veeprodusente te voorsien van die beste inligting oor veeproduksie en om kommunikasie regdeur die veewaardeketting te fasiliteer. Dié skool nooi jaarliks kenners vanuit die plaaslike en internasionale bedryf in teling en genetika, voeding, veld- en weidingswetenskap, gesondheid, finansiële beplanning en bemarking om as sprekers op te tree.

Suid-Afrika se invoer-koringtarief is verhoog en dr André van der Vyver van SACOTA verduidelik wat dit vir die bedryf en die verbruiker beteken.

Must Read

A breed that you like will work with you

Estimated reading time: 6 minutes Pat Bailey and his son, Wade, run a Beefmaster stud and commercial herd at Lily Park farm The farm consists of...

BEK: Wat is nuut?