Landboumarkverslag: Junie 2026 

Estimated reading time: 2 minutes

Tydens die maand van Junie het die rand teenoor die Amerikaanse dollar verswak, aan die begin van die maand het dit op R16,20 vir een Amerikaanse dollar gestaan, en Junie het afgesluit met R16,41 vir een Amerikaanse dollar. ’n Versterking van die rand teenoor die euro word wel in Junie waargeneem waar dit versterk het vanaf R18,87 tot R18,69 vir een euro.

Indeks styg terwyl mieliepryse daal 

Die verbruikersprys indeks het gestyg met 0,4% tot 4,5% in Mei. Die produsenteprysindeks het met 3% tot op 7,8% gestyg gedurende Mei 2026. Die prima rentekoers is verhoog aan die einde van Mei met 0,25% tot 10,5%.

Die geelmielieprys het ’n daling van R2/ton waargeneem. Die prys het aan die einde van Junie op R3 208/ton afgesluit.

Beesvleispryse styg steeds van Mei 

Die gemiddelde prys van beeskarkasse  het gedrurende Junie gestyg. Die gemiddelde prys van A2-beeskarkasse het van Mei af gestyg met R2,87/kg tot op ’n gemiddelde prys van R65,04/kg. Die gemiddelde prys van B2-beeskarkasse het gestyg met R1,08 per kg tot op R59,04/kg. Die gemiddelde prys van C2-beeskarkasse toon ook dat daar ’n styging van R1,36/kg tot op R58,58/kg aan die einde van Junie plaasgevind het. Die gemiddelde prys van speenkalwers het tot op R43,45/kg sowat 94 sent/kg hoër as  Mei maand gestyg.

’n Goeie maand vir skaapkarkasse 

Goeie stygings is waargeneem by skaapkarkasse soos aangedui in Figuur 1. Die gemiddelde prys van A2-skaapkarkasse het gestyg met R5,04/kg tot op ’n gemiddeld van R111,97/kg. ’n Kleiner styging word waargeneem by B2-skaapkarkasse wat met R1,15/kg tot op ’n gemiddeld van R80,15 gestyg het. Die prys van C2-skaapkarkasse het gestyg met R3,86/kg tot op R81,07/kg. Die gemiddelde prys van speenlammers het gestyg met R3,54 tot op R54,34 vir Junie 2026.

Figuur 1: Gemiddelde pryse van skaapvleis.

Varkkarkaspryse daal verder  

Die gemiddelde prys van varkvleis het  aansienlik gedaal gedurende die maand van Junie tot op ’n gemiddelde prys van R33,88/kg, ’n daling van ongeveer R3,60/kg van die vorige maand af het plaasgevind. – Carli Jacobs en dr WA Lombard, Departement Landbou-Ekonomie, Universiteit van die Vrystaat

Must read

SAPPO Retail Price Statistics: August 2026

The monthly SAPPO Retail Price Statistics Report provides detailed statistics and trends on the retail prices of various meat products, including pork, chicken, beef, and lamb.Monthly Price...

Smarter insights, stronger resilience

Estimated reading time: 5 minutesWhat makes one farming business better equipped to weather uncertainty than another? It’s not necessarily the size of the operation,...

RSG Landbou: 8 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die Landbounavorsingsraad se Vleisbeespresteerderstoekennings, presisieboerdery en die risiko’s verbonde aan kunsmatige intelligensie,...

LandbouRadio: 8 September 2026

In Dinsdag, 8 September se LandbouRadio, met trots aan jou gebring deur BKB, kan jy uitsien na die volgende:Johan gesels met dr Pieter Haumann...

AgriSpoor: Die nuwe toep om voorvalle aan te meld 

Estimated reading time: 3 minutesOngelukkig word baie misdade en probleme nooit opgelos nie, aangesien dit nooit aangemeld word nie. Die algemene teen opmerking waarom...