Estimated reading time: 3 minutes
Die BKB Merino Classic 2022, Suid-Afrika se nasionale kampioenskap vir veldmerino’s, het op 15 en 16 September tydens Nampo Kaap in die nuwe BKB Veesentrum by Bredasdorp Park plaasgevind. Altesaam 27 telers het 327 diere vir die skou ingeskryf. Die beste teelmateriaal is uitgestal en behalwe vir die klaskampioene wat aangewys is, is nege spesiale toekennings gemaak.
Lees meer oor woluitvoere hier.
Plaas Media, die uitgewer van Veeplaas, was die amptelike mediaborg van die geleentheid. Die bestuur van Merino SA en die beoordelaars het almal geborgde hemde van Plaas Media en Jonsson Workwear vir die geleentheid ontvang.
Kortwol-afdeling: ongeskeerde lammers
Kortwol-afdeling: geskeerde lammers
Kortwol-afdeling: tweetand
Kortwol-afdeling: geskeerde of ongeskeerde lammers
Langwol-afdeling: tweetand
Maksi-afdeling
Willie van Heerden, bestuurder van Merino SA, sê deelnemers aan die BKB Merino Classic 2022 was nie beperk tot stoettelers en lede van Merino SA nie. Enige produsent wat met Merino’s boer, het gekwalifiseer om in te skryf en deel te neem.
Tydens die beoordeling het die funksionele doeltreffendheid van die Merino onder die loep gekom en is die diere se bouvorm en wol vir verskeie eienskappe beoordeel. Die bouvorm het vir 70% van die puntewaarde getel. “Wol, met ‘n puntewaarde van 30% op die telkaart, speel ’n sleutelrol, aangesien die Merino ’n dubbeldoelras is.”
Van Heerden sê daar is gekyk na die balans in die skaap se samestelling, funksionele doeltreffendheid en ander eienskappe. Daar is selfs so fyn gekyk soos of die skaap reg byt.
Kampioene en reserwekampioene is in elke klas aangewys en uiteindelik die grootkampioen-Merino’s en ook wenners in ander spesiale klasse en spesiale kampioenskappe. Die wenners van die nege spesiale toekennings is die volgende:
- Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s, Klipdale, Bredasdorp: Teler van Kampioene; Teler van die beste paar van een ram en een ooi; Grootkampioen-ooi; Kampioenram met die beste bouvorm; en Kampioen-ooi met die beste bouvorm.
- Uysie Willemse van Goedeverwagting Merino’s, Heidelberg (Kaap): Vertoner met die meeste punte; en Ooi met die beste wol.
- Stefan Naude van Geelbek Elite Merino’s, Hanover: Ram met die beste wol.
Die beoordelaars vir die BKB Merino Classic 2022 was Keith Coetzee (Williston), Kobus Louw (Swellendam), Stephen Lumsden (Burgersdorp), Francois Viljoen (Richmond), Christiaan Marincowitz (Graaff-Reinet) en Kleintjie Pienaar (Graaff-Reinet)
Die kampioene, reserwe-kampioene en die 3de, 4de en 5de plekke in die 36 kampioenskapklasse word in die meegaande tabel gegee.
Die 22 deelnemer wat aan die BKB Merino Classic 2022 deelgeneem het, is die volgende:
- Nicolaas de Villiers, Grootzoë-boerdery, Protem, Bredasdorp
- Henk Groenewald, Angola Broers, Klipdale, Napier
- Sinon de Jager, Brakfontein Merino’s, Heidelberg (Kaap)
- Johan du Plessis, Zuiderkruis Merino’s, Humansdorp
- Manie Fourie, Oudemuragie, Riversdal
- Kobus en Hennie Geldenhuys, Koringplaas Trust, Riversdal
- Koos en Adriaan Geldenhuys, Uitkyk Merino’s, Riversdal
- Dirk Hanekom, Korenhof Merino’s, Klipdale, Bredasdorp
- Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal
- Geoffrey Joubert, AG Joubert & Seuns, Kweekkraal Merino’s, Riverdsal
- Johan Kotze, Korhaansrug Merino’s, Moorreesburg
- Stefan Naude, Geelbek Elite Merino’s, Hanover
- Arto Saayman, Platkop Merino’s, Riversdal
- Eben Schellink, Swartland Merino’s, Malmesbury
- Dirk Uys, Staatmaker Merino’s, Bredasdorp
- Cobus Uys, Patryskraal Merino’s, Bredasdorp
- Stephanus van den Heever, Grootaar Merino’s, Richmond
- Boetie van der Westhuizen, De Hoop, Loxton
- Johan en Johan-Adam van As, Kinko Broers, Kinko Merino’s, Swellendam
- Gerrit Viljoen, Elandspoort Merino’s, Richmond.
- André Wessels en Kitty Lourens, Schietpad Merino’s, Napier
- Uysie Willemse, Goedeverwagting Merino’s, Heidelberg (Kaap)
Die BKB Merino Classic is ook geborg deur Feedtek, Molatek, Montego, Voermol, OVK, Livetrack SA, Zoetis en Virbac.
Vir meer inligting, besoek Merino SA se webtuiste by www.merinosa.co.za.