Estimated reading time: 2 minutes
Die Absa Beesarena by Swartlandskou is vanjaar weer een van die groot trekpleisters vir beesprodusente, telers en landbou-entoesiaste. Met nege beesrasse wat vanjaar deel vorm van die grootvee-afdeling, beloof Swartlandskou ’n besonderse vertoning van die Suid-Afrikaanse beesbedryf. Dit bied die geleentheid om die verskille tussen rasse te waardeer, die kwaliteit van plaaslike teling te bewonder en eerstehands te ervaar waarom die beesbedryf so ’n belangrike deel van Suid-Afrika se landbou-ekonomie is.
Peroxsil speel ’n belangrike rol in biosekuriteit
By Swartlandskou word hierdie verantwoordelikheid ernstig opgeneem. Biosekuriteit begin reeds voordat die diere die skouterrein betree en sluit die beheer van dierebewegings, voertuie, mense en oppervlaktes in. Die doel is bloot om die risiko so laag as moontlik te hou en terselfdertyd ’n veilige omgewing vir die diere, uitstallers en besoekers te skep.
’n Belangrike deel van hierdie biosekuriteits benadering is die ondersteuning van Peroxsil, wat oor die jare ’n waardevolle diens lewer en betekenisvolle waarde tot die Swartlandskou se biosekuriteitsmaatreëls toevoeg. Op ’n skouterrein waar daar voortdurend beweging van diere, voertuie, hanteerders en besoekers is, is konsekwente skoonmaak en ontsmetting ’n belangrike onderdeel van die groter biosekuriteitsplan. Peroxsil se betrokkenheid help om hierdie proses prakties en professioneel te ondersteun.
Die waarde van so ’n vennootskap lê egter nie net in die produk nie, maar ook in die diens, beskikbaarheid en kennis wat oor die jare opgebou is en tot die suksesvolle aanbieding van die Swartlandskou bydra. Biosekuriteit is nie ’n eenmalige aksie nie, dit vereis voortdurende aandag, verantwoordelikheid en samewerking tussen die skou-organiseerders, telers, veeartse, personeel en ondersteuningsvennote.
Een besondere landbouplatform
Agter elke kampioen en elke pragtige dier staan ’n teler, ’n span mense en jare se harde werk. Die grootvee-afdeling van Swartlandskou is dus nie net ’n vertoonvenster van uitstaande beeste nie, dit is ’n viering van telers, genetika, landboukennis en verantwoordelike dierebestuur. Met die volgehoue ondersteuning en diens van Peroxsil vorm biosekuriteit ’n belangrike deel van hierdie jaar se aanbieding.
Swartlandskou 2026 vind van Woensdag tot Saterdag, 2 tot 5 September 2026 plaas. Besoek gerus https://tickets.tixsa.co.za/event/swartlandskou-2026 om jou kaartjies te bespreek. Kaartjies sal ook by die hekke beskikbaar wees. – Mediaverklaring, Swartlandskou
