Estimated reading time: 6 minutes
- Die bou van voerkrale val in die kategorie van volgense spesifieke wette en bepalings gebou te moet word.
- Pieter van der Merwe, direkteur van REC Services, sĂȘ daar is ân aantal regulasies wat nagekom moet word ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998).
- Pieter noem dat dierewelsyn ân baie belangrike oorweging by die oprigting van ân voerkraal is; dit kan deur die grootte van die voerkraal aangespreek word.
- ân Prosesseringsfasiliteit or -area moet reeds tydens die beplanning van die voerkraal ingesluit word; dit is waar siek en beseerde diere behandel en nagegaan kan word.
- Die gebruik van water vir ân voerkraal (of vir enige ander kommersiĂ«le doeleindes) word deur Artikel 21 van die Waterwet gereguleer. Boorgate moet getoets word volgens ân standaard soos deur DWS voorgeskryf.
Daar is in enige bedryf baie wette en bepalings oor wat jy mag en hoe jy dit moet doen. Dit geld veral in bedrywe wat ander mense se lewe kan versuur of selfs in gevaar stel.
Die bou van voerkrale val in hierdie kategorie. Omdat voerkrale negatiewe gevolge soos reuke, stof, oordaad mis, vlieĂ« en so meer kan voortbring, moet dit met oorleg beplan en gebou word. Pieter van der Merwe, direkteur van REC Services, is ân kenner op die gebied van omgewingsbestuur en waterlisensies vir voerkrale. Veeplaas het by hom gaan kers opsteek oor die wetlike aspekte rondom die bou en bestuur van voerkrale.
Leer oor hoe ‘n plaasvoerkraal waarde tot jou speenkalwers kan voeg.
Omgewingsimpakstudie
Pieter sĂȘ daar is ân aantal regulasies wat nagekom moet word ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998). Dit is nie altyd algemene kennis onder nuwe voerkraalbouers nie.
âMet die bou van ân nuwe voerkraal moet daar bo sekere limiete ân omgewingsimpakstudie gedoen word as deel van ân omgewingsgoedkeuringsaansoek. Die limiete word bepaal deur die digtheid en hoeveelheid diere wat in die voerkrale aangehou gaan word,â verduidelik hy.
Hierdie perke word soos volg bepaal:
- As die digtheid meer as 20mÂČ per bees is en meer as 500 beeste op enige tydstip aangehou gaan word, moet ân omgewingsimpakstudie gedoen word.
- In die geval van skape moet die studie gedoen word as die digtheid meer as 8mÂČ per skaap of bok is en daar meer as 1 000 eenhede op enige tydstip aangehou word.
âIn beide gevalle word ân omgewingsimpakstudie vereis, spesifiek ân basiese omgewingsimpakstudie soos deur die wet voorgeskryf. Dit word aan die provinsiale owerheid voorgelĂȘ vir goedkeuring.â
Lees meer oor fasevoeding in voerkraalproduksie.
Dierewelsyn
Pieter noem dat dierewelsyn ân baie belangrike oorweging by die oprigting van ân voerkraal is; dit kan deur die grootte van die voerkraal aangespreek word. Hoe meer beweegruimte daar vir die diere is, hoe minder sal diere beseer of benadeel word.
âDie voerkraal moet nie te klein wees nie, omdat dit praktiese probleme kan meebring. Groot- en kleinvee moet gemaklik kan rondbeweeg. âDie ruimte en digtheid kan sowat 13 tot 15mÂČ per bees wees en vir kleinvee is sowat 4mÂČ per skaap ân goeie aanduiding van die grootte van die kraal.
â ân Klein, beknopte voerkraal belemmer die oorhoofse beweging van personeel tydens ondersoeke vir siektes en beserings. Om al die diere verder te beskerm is dit raadsaam om kleinraamen grootraambeeste apart te huisves ten einde kneusings en beserings te voorkom. Abnormaliteite, siekte en beserings by kleinraambeeste kan tydens oorhoofse ondersoeke tussen die grootraamdiere visueel oorgesien word,â verduidelik Pieter.
ân Prosesseringsfasiliteit or -area moet reeds tydens die beplanning van die voerkraal ingesluit word; dit is waar siek en beseerde diere behandel en nagegaan kan word. Beskerming teen oormatige hitte en koue is belangrik.
Ander aspekte wat by hierdie gedeelte van die voerkraal beplan moet word, is die installasie van die weegskaal, ân drukgang vir die dosering van spuitstowwe, die stoorkamer vir spuitstowwe en spuitapparate asook hantering van gebruikte spuite en buise, ân ruskamer en aantrekkamer vir werkers, asook was- en toiletgeriewe vir die werkers.
Leer meer oor hoe om voer te stoor hier.
Waterwetgewing
Hy sĂȘ die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet 36 van 1998) speel ân groot rol in die beplanning, oprigting en bestuur van ân voerkraal. ân Omgewingpraktisyn kan vir die voornemende voerkraaleienaar hier van groot waarde wees.
âVoermengsels kan aangepas en aangery word, maar as jy ân groot voerkraal wil bedryf, moet jy genoeg water vir die diere beskikbaar hĂȘ. Die bepaling van waterbehoeftes is gebaseer op die feit dat ân bees sowat 50 tot 55 liter water per dag en ân skaap tussen 1 en 5 liter water per dag drink, maar in warm en droĂ«r gebiede kan dit selfs meer wees,â waarsku Pieter.
Daar moet dus genoeg waterbronne beskikbaar wees. âWater vir die diere behoort teen ân 72-uur behoueringskapasiteit gestoor te word om defektiewe pompe of kragonderbrekings die hoof te bied. Die waterbehoefte word volgens die veegetalle en -konfigurasie bepaal.â
Lees meer oor Duncan Currie se wenresep vir winsgewendheid met ‘n skaapvoerkraal.
Aansoek om ân waterlisensie
ân Boorkontrakteur, verkieslik onder toesig van ân geohidroloog, word aangestel om vir die voldoende beskikbaarheid van grondwater (boorgate) te toets. Indien genoeg water vir die voerkraal beskikbaar is, moet aansoek gedoen word om ân waterlisensie by die Departement Water en Sanitasie (DWS) voordat die grondwater onttrek en gebruik kan word.
âDie gebruik van water vir ân voerkraal (of vir enige ander kommersiĂ«le doeleindes) word deur Artikel 21 van die Waterwet gereguleer. Boorgate moet getoets word volgens ân standaard soos deur DWS voorgeskryf. Dit gaan gepaard met ân geohidroliese verslag wat deur die geohidroloog opgestel word om die stand en veral volhoubaarheid van die ondergrondse waterbron te bepaal. DiĂ© verslag moet op korrekte toetse gebaseer wees,â verduidelik Pieter.
Daar is verskeie ander dierebeskermingsfaktore wat in ag geneem moet word by die oprigting van ân voerkraal. Hoewel daar nie klinkklare wette hiervoor is nie, kan dit met ân omgewingsimpakstudie aangespreek word. Die staatsveearts van die gebied kan reeds vroegtydig waardevolle bydraes lewer. Net so kan spesialiste in die ontwerp en bou van voerkrale jou help met materiaalkeuse en goeie uitleg. Maak gerus kontak met ân omgewingspraktisyn.
Belangrike oprigtingswenke
Behalwe die grootte van die voerkraal, is daar ân paar faktore wat by die beplanning, oprigting en instandhouding van voerkrale in gedagte gehou moet word:
- Voerkraalheinings, pale en hekke moet ân stewige fondasie hĂȘ omdat die diere gedurig daarteen stamp en beweeg.
- Galvanisering of gereelde verf van metaalafskortings, lasstukke en laspunte is belangrik.
- Werkers moet na afloop van enige konstruksie of onderhoudswerk alle skerp voorwerpe asook brokstukke semen optel en verwyder.
- Skerp, hoekige materiaal moet vermy word en nĂĄ konstruksie of onderhoud moet daar geen skerp oppervlaktes of voorwerpe wees wat die diere kan beseer nie.
- Die helling van die voerkraal moet verkieslik tussen 2 en 4% wees met voerkrippe op die hoogste punt.
- Die voerkraal moet verkieslik so ver as moontlik van vleiagtige gebiede gebou word en moet ten minste 150 tot 200m vanaf ân natuurlike dreineringspunt soos ân spruit, rivier of vleigebied verwyder wees.
- Goeie stormwaterdreinering uit die voerkraalarea is belangrik. Die bou van ân misdam waar mis gemeng met reĂ«nwater kan akkumuleer, is baie voordelig; die miswater kan op bewerkte lande as bemesting gespuit word.
- Heersende windrigtings moet met die plasing van die voerkraal in ag geneem word indien daar grondgebruike in die omgewing is wat sensitief is vir reuke soos gastehuise, oorde, hotelle en skole.
- Stof- en reukbeheer en die beheer van vlieë is uiters belangrik.
Pieter raai aan dat voornemende voerkraaloperateurs by die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging aansluit vir ondersteuning en leiding. – Koos du Pisanie, Veeplaas
Vir meer inligting, kontak Pieter van der Merwe by 082 412 7571.






