Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Suiweltegnologie-simposium het onlangs in KwaZulu-Natal plaasgevind. Gefermenteerde voedsel was veral ‘n gewilde onderwerp, aangesien die verbruiker deesdae die gesondheidswaarde daarvan besef. Ons hoor wat Tertius Cilliers van Synercore oor die dag te sê gehad het in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Christine Leighton brei daarna uit oor die onderwerpe wat bespreek is.
Pikkie Rossouw van Springduin Dorpers naby Lutzville vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer van die praktiese opleidingsessie wat by die Clanwilliam-skou aangebied is.
Daarna gesels Hanlie Kroese van Santam Landbou oor hoe die kuilvoerprodusent by hul besigheid inpas.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.