Namibiër aangewys as Stoetteler van die Jaar

Estimated reading time: 3 minutes

Die MolatekLandbouweekblad-Breedplan Stoetteler van die Jaar vir 2022 is Bianca Lueesse van die plaas Lichtenstein op die Khomas Hochland naby Windhoek in Namibië. Die toekenning is verlede week tydens die jaarlikse Lewendehawe Registrerende Owerheid (LRF) se vleisbeesskool by Aldam aan haar oorhandig vir haar Simmentaler-stoet, Lichtenstein Simmentalers.

Die Lueesse-familie boer al vir 130 jaar op Lichtenstein, so 30km suidwes van Windhoek. Die plaas lê meer as 2 000m bo seevlak in die berge, wat spesifieke eise aan die vee stel waarmee daar geboer word.

“My oupagrootjie het reeds in sy leeftyd Simmentalers van Switserland via Duitsland ingevoer. Gedurende hierdie amper 130 jaar, het die diere by ons omstandighede aangepas en elke nuwe generasie het daarna gestreef om die kudde te verbeter. Die Simmentaler soos hoe dit tans in Europa lyk en die diere wat ons het, is twee heeltemal verskillende tipes. Die diere hier in Namibië kan onder ons harde omstandighede produseer en reproduseer sonder baie insette. Baie boere baat by hierdie genetika wat oor baie jare geselekteer is.”

Lees meer oor die Simmentalers by die Hooglandskou hier.

Die eienskappe waarvoor hulle oor die jare geselekteer het, sê Bianca, is in die eerste plek aanpasbaarheid. Dit beteken dat die koeie elke jaar kalf en ’n sterk kalf speen. Verder het hulle streng vir lae geboortegewigte geselekteer, sodat daar baie min kalwingsprobleme is. Die kalwers groei baie goed en is baie gewild in die mark.

“Omdat die plaas so hoog geleë is, word dit baie koud in die winter, terwyl die somers baie warm kan word. Ons gemiddelde reënval is rondom 350mm per jaar. Die plaas is baie bergagtig met baie klippe, maar die beeste is aangepas om hierdie omstandighede maklik die hoof te bied. Daar is ’n groot verskeidenheid grasspesies van baie goeie kwaliteit wat hier voorkom.”

Lees meer oor Suid-Afrikaanse uitvoere hier.

Om die toekenning as Stoetteler van die Jaar te ontvang, sê sy, is ’n eenmalige eer wat sy baie ernstig opneem. Dit beteken egter nie dat sy nie nog heelwat mikpunte met die boerdery het nie.

“Ek wil verder bou op die fondasie wat my voorgeslagte gevestig het. Ons wil veral bybly met die nuutste tegnologie en voortdurend op hoogte bly van die veranderende behoeftes van ons kliënte. Een van die dinge wat tans sterk onder die loep is, is die raamgrootte van koeie. Dit is duidelik bewys dat ’n medium-raam koei die beste doen onder strawwe omstandighede. Om alles saam te vat, dink ek, moet winsgewendheid die onderbou vorm van alles wat ons doen.”

Lees meer oor die verbod van die vervoer van diere as gevolg van bek-en-klouseer hier.

Afgesien van die beeste teel Bianca ook met Warmbloed-perde. “My voorouers het destyds reeds perde aan die Schutztruppe voorsien. Met die ontwikkeling van die sportperdmark oor die afgelope klompie dekades het die Warmbloed-perd al meer in aanvraag geraak, en ons teel nou spesifiek sportperde vir die dressuur- en springmark. Ons voer semen van Duitsland in om die heel beste genetika wat in die wêreld beskikbaar is, hier in ons kudde te vestig.”

Afgesien van haar prestasie as Stoetteler van die Jaar, het Bianca ook ‘n vyf ster-gradering vir die Unistel Volledigheid van Prestasiedata ontvang vir die Lichtenstein Simmentaler-stoet, sowel as ’n 4,5 ster-gradering vir die rooi Brahman-stoet, Bramarein Brahmane.– Izak Hofmeyr, AgriOrbit

Vir meer inligting, kontak Bianca Lueesse by +264811492394 of epos panorama@afol.co.na.

Must read

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en Kubota-trekkers

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek het ten doel om veeprodusente te identifiseer wat klimaatslim boerderypraktyke...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg ken sy storie as dit by die weer kom. Hy het die afgelope week met Lise Roberts oor die nuutste weersake op RSG Landbou gesels....

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 38

The weekly pork carcass price is brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. https://agriorbit.com/rooivleispryse-red-meat-prices-2/ Important notes Domestic pork carcass prices are weighted averaged abattoir purchase prices per category...

RSG Landbou: 28 September 2023 – geborg deur Plaas Media

Die grootste beperkende faktor ten opsigte van produksie-doeltreffendheid in skaapboerdery, is mortaliteit onder pasgebore lammers. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou hoor ons by Alheit du Toit van Feedtek wat die oorsaak is...

Biesmelk: Die lewensbron van lammers

Estimated reading time: 3 minutes Die belangrikheid van biesmelk kan nie oorbeklemtoon word nie. Dit is daardie eerste melk wat die lam inneem na geboorte. Dit gee daardie nuwe lam ’n eerste hupstoot en...