Thursday, September 12, 2024

Landboumarkoorsig: Rand, graan, wol, vleis en varke

Estimated reading time: 2 minutes

Die rand het in September skommelinge getoon, maar het meestal sywaarts verhandel en teen die einde van die maand teen R19,25 en R20,16 vir die Amerikaanse dollar en die euro onderskeidelik gestaan. Beide die verbruikersprysindeks (VPI) en die produsenteprysindeks (PPI) het in Augustus effens gestyg, maar steeds naby aan die teiken van 4,5% gebly. Die VPI het na 4,8% (jaar-op-jaar) geklim en die PPI na 4,3% (jaar-op-jaar). Die prima-uitleenkoers staan sedert Mei op 11,75% stil.

Die geelmielieprys (Figuur 1) het in September ‘n baie sterk opwaartse tendens beleef. Die prys het met meer as R300/ton geklim sedert Augustus en het die maand teen R3 906/ton gesluit. Die styging kom ongelukkig na produsente reeds die meeste van hulle graan verkoop het.  

 

Die wolmark het ‘n effense styging getoon deur die maand danksy `n sterker Australiese wolmark en die rand wat tydens die veilings verswak het. Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoonwol het in September teen R167,66/kg gesluit. Die bokhaarveilings bly op die afwaartse tendens weens swak kompetisie tussen kopers en lae vraag na sterker bokhaar. Die aanwyserprys vir September het teen R318,43/kg gesluit.

Beeskarkaspryse het tydens September weereens sywaarts beweeg. Die maand het teen ‘n gemiddelde A2-prys van R53,35/kg, `n B2-prys van R47,42/kg en `n C2-prys van R46,31/kg afgesluit. Anders as die verwagte tendens, het die speenkalfprys afwaarts beweeg en die gemiddelde prys het teen R33,35/kg gesluit.

Skaapkarkaspryse het ‘n effense afwaartse tendens in pryse getoon. Die A2-prys het teen R83,66/kg gesluit, die B2-prys teen R62,58/kg en die C2-prys het tot en met R58,67/kg verswak. Weens die hoër aanbod en lae vraag het die speenlamprys ook afwaarts beweeg. Die gemiddelde speenlamprys het teen R38,81/kg gesluit.

Lees meer oor hoe graanmarkte en voerpryse saam loop.

Die prys van klas O-varkkarkasse is steeds drasties aan die styg, moontlik weens die druk in die hoendermark. Die prys het met meer as R3,00/kg gestyg gedurende September en teen R36,31/kg afgesluit. – Hannes Venter en prof Frikkie Maré, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...