Friday, December 9, 2022

Brahman-genootskap gee erkenning aan uitblinkers

Estimated reading time: 4 minutes

Plaas Media se Susan Steyn en Juan de Villiers het die pas-afgelope Brahman Beestelersgenootskap se presidentsdinee by die Afridome-skougronde in Parys bygewoon. Hierdie glansgeleentheid word jaarliks aangebied en die genootskap se lede en uitblinkers tydens die funksie vereer vir hulle bydraes tot die bevordering van die ras.

Verskeie toekennings is gemaak op grond van meriete, vir die tydperk vanaf 1 August 2021 tot 31 Julie 2022. Die onderskeie prestasies is gemeet aan prestasiedata wat wat ‘n verskeidenheid van faktore meet.

Lees meer oor hierdie Brahman rekordprys bul hier.

Willem Barnard het die prysuitdeling behartig. Die kategorie en wenners was soos volg:

Vrugbaarheidstoekenning vir vroulike diere

Kuddes kleiner as 120

  1. Goley Storm met 97% kalwing.
  2. Homewood Boerdery met 94% kalwing.
  3. CD van der Merwe met 88% kalwing.

Kuddes van 120 tot 270

  1. Creditfin Prop Dev Pty Ltd met 84% kalwing.
  2. Onjanga Trust, HC Brits en RN Spear, elk met 81% kalwing.
  3. N Xaba met 80% kalwing.

Kuddes van 270 tot 700

  1. Dr Louis Greeff van Pri Brahman met 84% kalwing.
  2. Labuschagne Familietrust met 80% kalwing.
  3. Brandwater Boerdery Edms Bpk met 79% kalwing.

Kuddes groter as 700

  1. Jes-C Boerdery met 72% kalwing.
  2. JH Hattingh met 68% kalwing.
  3. Kroon Vee Boerdery met 59% kalwing.

Lees meer oor die onlangse weidingskongres hier.

Manlike dier wat die hoogste prys op enige veiling behaal het

Toegeken aan WIL1563 wat tydens die Weltevreden-produksieveiling op 26 Maart 2022 vir R1 000 000 verkoop het. Die verkoper was Marius de Beer en die koper was Paul Duarte.

Lees meer oor nog rekordpryse wat gehaal is op grootvee hier.

Vroulike dier wat die hoogste prys op enige veiling behaal het

Toegeken aan R10 07111 wat tydens R10 Brahmane se 50-jaar goue herdenkingsproduksieveiling op 23 April 2022, vir R425 000 verkoop het. Die verkopers was Llewellyn en Corrie Labuschagne en die koper was Christian de Jager.

Lees meer oor NWK se grootste wins ooit hier.

Vers wat die hoogste prys op enige veiling behaal het

Toegeken aan BO518245 wat tydens die Premium Genetics-veiling op 16 Oktober 2021 vir R550 000 verkoop is. Die verkoper was BW Staal Edms Bpk en die koper was Louma Boerdery.

Hoogste gemiddeld van diere verkoop: Alle diere aangebied op veiling

Wayside Brahmans van die Munger-familie het weggestap met die toekenning nadat hulle tydens ‘n veiling op 12 Februarie 2022, al hulle lotte tydens die veiling verkoop het.

Lees meer oor roofdierbestuur op jou veeplaas hier.

Volledigheid van prestasiemeting

Kuddes kleiner as 120

  1. Vyf sterre: RA Theron.
  2. Drie en ‘n half sterre: PCG Brahmane.
  3. Drie sterre: Ruby Star Properties & Counterpoint Trading 512CC.

Kuddes tussen 121 en 270

  1. Vyf sterre: RA Theron.
  2. Vier sterre: Lovedale Boerdery.
  3. Drie en ‘n half sterre: Lesch Boerdery, Nguni Brahmans & RN Spear.
  4. Drie sterre: Creditfin Prop Dev (Pty) Ltd, Sagarhu Trading & Kiriake Trust.

Kuddes van 270 en 700

  1. Drie en ‘n half sterre: Zwarthoek Boerdery, PRI Brahmane en Joh-Marie Trust.
  2. Drie sterre: Renzo Trust, Hunt Brahman Stud, WILBAR Brahmane & Weltevreden River Ranch.

Kuddes groter as 700

  1. Drie en half sterre: Kroon Vee Boerdery Edms Bpk.
    1. Drie sterre: TR Braithwaite.

Lees meer oor vee-inenting hier.

Superkoei: Koei wat die meeste kalwers as geregistreerde dier geproduseer het

  1. Kroon Vee Boerdery Edms Bpk se DT035.
  2. MA Serfontein se MA50419 (rooi).
  3. MA Serfontein se MA50375 (rooi).

Internasionale Al Sire-toekenning

LAB Brahman-stoetery se Mr V8 Dutton 376/8.

Rooi Meesterbul-toekenning

DH McHardy se BOS-R BOSR12125.

Wit Meesterbul-toekenning

Serfontein Boerdery se Serfbred Mr Victorius SER 17 41.

Lees meer oor die Universiteit van Pretoria se voerkraalkompetisie hier.

Makro-teler van 2022

Langberg Landgoed Edms Bpk het die meeste kalwers, 469, gedurende die kompetisiejaar geregistreer.

Diensjare-toekennings

50 jaar: Theo en Mari Dicke van Theo Dicke Pty Ltd Spitsrand.

40 jaar: Zandfontein Boerdery (SAI), Serfbred Serfontein Boerdery, MA Serfontein van Masbra, BPI Masire and Sons, Middeldrift 42 Edms Bpk (Enje).

Erelid-toekennings

Dr Derick van Schalkwyk van DDR Boerdery en Louis Trichardt van Eltrichia.

Lees meer oor Agri Wes-Kaap se Jongboer finaliste hier.

Brahman Hall of Fame

Die Brahman Hall of Fame-toekenning word deur die genootskap gegee aan ‘n individu wat spesiale en uitsonderlike diens gelewer het ter bevordering van die Brahman-teelbedryf. Slegs persone wat ‘n leidende rol gespeel het ten opsigte van die teling van beeste ter bevordering van die ras, die groter Brahman-organisasie, ontwikkeling en opleiding van ander telers, en gereeld deelgeneem het aan skoue, word in ag geneem. Vanjaar se toekenning het aan Sydney Hunt gegaan. Hunt was die Brahman Beestelersgenootskap se president van 2016 tot 2020, en vise-president van 2014 tot 2016. Hy het ook in 2007, 2008, 2013 en 2014 op die genootskap se raad gedien. – Plaas Media

Must read

Industry asks for elimination of sugar tax

Estimated reading time: 3 minutes SA Canegrowers has made a submission to National Treasury, calling on minister Enoch Godongwana to not only suspend the increase in sugar tax but to eliminate the tax entirely...

SA Hunters calls for removal of ‘flaw’ in draft Biodiversity White Paper

Estimated reading time: 3 minutes The South African Hunters and Game Conservation Association (SA Hunters) requested the minister of forestry, fisheries and the environment (DFFE), Barbara Creecy, to remove the term “animal well-being” from...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, gesels elke week op RSG Landbou met Lise Roberts oor weersake. Luister nou na hierdie week se weerverslag soos op 8 Desember 2022....

RSG Landbou: 8 Desember 2022 – geborg deur BKB

Izaak Breitenbach van die SA Pluimveevereniging gee terugvoer aan RSG Landbou-luisteraars in Donderdag se aflewering oor wat hulle in 2022 bereik het. Danie Strauss, van BKB gesels op RSG Landbou oor die afgelope veilingseisoen. Johan van...
RSG Landbou, Plaas TV, wortelontwikkeling

RSG Landbou: 7 Desember 2022 – geborg deur BKB

Die Europese Unie se beweging na ‘n groener omgewing het gelei tot die sogenaamde Green Deal-ooreenkoms en baie streng vereistes word aan invoerlande gestel. CropLife SA het die leiding geneem en tydens ‘n konferensie...