Voerkraal: Wenke vir beesprodusente

Estimated reading time: 2 minutes

Die Daniëlsrus-boerevereniging naby Bethlehem het onlangs ’n baie suksesvolle beesdag aangebied met die voerkraal as tema. Drie sprekers het die besoekers toegespreek en spesifieke belangrike aspekte aangeraak wat die voorbereiding van beeste vir die voerkraal en ook suksesvolle afronding ernstig kan beïnvloed.

Eerste aan die woord was dr JG Nel, konsulterende veearts vir Kyron Agri, wat oor die effek en beheer van rooiwater en galsiekte gepraat het en ’n haalbare bestuursprogram bespreek het om die naels van dié siektes te knip.

Daarna het hy die belangrikheid van goeie mineraal- en vitamienaanvullings en ook die beginsels van ’n goeie inentingsprogram vir optimale kuddegesondheid bespreek.

  • Dr JG Nel en Fanie Yssel, twee van die sprekers by die boeredag.
    Dr JG Nel en Fanie Yssel, twee van die sprekers by die boeredag.

Lees meer oor die voerkraalwenke vir die oprig van ‘n plaasvoerkraal.

Voerkraal-gesondheid

‘n Voerkraal-gesondheidsprogram, het hy gesê, berus op ses bene naamlik entings, antibiotika, bosluisbeheer, groeibevorderaars en eksterne en interne parasietbeheer. Kuddegesondheidsprogramme, het hy beklemtoon, moet spesifiek vir elke individuele plaas ontwerp word.

Fanie Yssel, weidingskundige by Limagrain, was volgende aan die beurt met ’n bespreking van aangeplante weidings. Hy het veral klem gelê op die belangrikheid van bemestingsvlakke in die grond om indringerplante te voorkom.

Voorkom oorvet karkasse met die volgende voerkraalwenke hier.

Ashely Grimsell, tegniese bestuurder by Voermol Voere het gesê dat produsente wat dit oorweeg om diere vir die voerkraal voor te berei, (backgrounding) baie deeglik hulle somme moet maak om te verseker dat dit vir hulle winsgewend sal wees.

In die voerkraal self, het sy beklemtoon dat veral drie faktore krities is: voerbakbestuur, die regte en goeie fasiliteite en die korrekte voeding. Die voedingsprestasie van beeste, het sy gesê, moet altyd gesien word teen die agtergrond van die liggaam se prioritisering van behoeftevervulling. Die eerste is onderhoud, dan ontwikkeling, groei, laktasie, reproduksie en laastens, vetmesting.

Die dag is afgesluit met ’n praktiese bespreking van die bouvormeienskappe van beeste wat ’n direkte ekonomiese invloed op ’n bees het.   – Izak Hofmeyr, Plaas Media

Must read

Dairy industry benefits from research at Outeniqua Research Farm

Estimated reading time: 2 minutes Western Cape minister of Agriculture, Dr Ivan Meyer, recently visited the Western Cape Department of Agriculture’s Outeniqua Research Farm, outside of George. The research farm is known for its...

Katoen-verwysingsprys: Week van 8 April tot 12 April 2024

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...
So ’n span gesonde kalwers op goeie groenweiding bied die beste potensiaal vir sukses.

Strategieë vir die voerkraalvoorbereiding van kalwers

Estimated reading time: 7 minutes Voerkraalvoorbereiding, beter bekend as backgrounding, verwys na ’n fase in die beesvleisproduksieproses waar jong beeste, tipies pas-gespeende kalwers, in ’n voerprogram geplaas word wat daarop gemik is om hulle...

Ekonomiese oorsig vir Maart: Landboumarkte wissel

Estimated reading time: 3 minutes Die rand het ‘n goeie maand ervaar tydens Maart en het deurlopend teenoor die dollar versterk en ‘n redelike stabiele maand teenoor die euro ervaar. Die rand het die...
grootveeproduksiestelsels

Veediefstal: Omgewingskriminologie en misdaadanalise

Estimated reading time: 5 minutes Veediefstal is ‘n misdaad wat ouer as die berge is. Boba omskryf misdaadontleding as “die sistematiese studie van misdaad- en wanordeprobleme, asook ander polisieverwante kwessies – insluitend sosiodemografiese, ruimtelike...