Estimated reading time: 5 minutes
- Dit is bekend dat die kalf baie beter presteer as sy so gou as moontlik na geboorte aan die koei drink en binne die eerste 24 uur kolostrum of biesmelk inkry.
- In die eerste 24 uur beweeg die teenliggaampies vrylik deur die dermwand. Hierna sluit die dermwand en kan die molekules nie meer deurbeweeg nie.
- Die oorgangstydperk van wanneer ân kalf van ân voor-herkouer na ân herkouer ontwikkel, tussen vier en agt weke na geboorte plaasvind.
- Stimulasie van rumenontwikkeling is een van die belangrikste aspekte waaraan aandag gegee moet word.
- Probiotika in ân melkvervanger is gevoelig vir temperatuur. Die water waarmee die melkvervanger aangemaak word moet dus nie warmer as 40°C wees nie.
Om melkkalwers so doeltreffend en ekonomies as moontlik groot te maak, is dit nodig om die wetenskap te betrek, veral wat die ontwikkeling van die kalf se rumen betref. So sĂȘ dr Verster Kriel, direkteur van Nandrea Gesondheidsprodukte. Hy verduidelik dat wanneer die kalf gebore word, dit aanvanklik ân enkelmaagdier is wat voedingstowwe in die maag (melkpens) en dunderm verteer en daarna opneem.
Die belangrikheid van kolostrum
âDit is bekend dat die kalf baie beter presteer as sy so gou as moontlik na geboorte aan die koei drink en binne die eerste 24 uur kolostrum of biesmelk inkry,â sĂȘ hy. Die inhoud van kolostrum (Tabel 1) bevat belangrike elemente wat immuniteit verleen en noodsaaklike voedingstowwe voorsien wat die ontwikkeling van die kalf se spysverteringstelsel bevorder.
Tabel 1: Die inhoud van kolostrum.
Komponente | Funksie |
Immunoglobuliene (Ig): IgG (80-90%)IgA (5-10%)IgM (7-10%) | Groot proteĂŻenmolekules wat passiewe immuniteit verskaf en die spysverteringskanaal teen bakteriese aanvalle beskerm.Identifiseer en vernietig patogene.Help om bloedvergiftiging te voorkom. |
ProteĂŻen | Bevorder groei en Ig-absorpsie. |
Energie (vette en laktose) | Bevorder termoregulering om hipotermie te voorkom.Bevorder die kolonisering van die spysverteringskanaal. |
Vitamiene en minerale | Vitamiene A, D en E bevorder weerstand teen siektes. |
Dermgroeifaktore (insulien-soortgelyke groeifaktor 1 [IGF-1]) | Bevorder groei en ontwikkeling van die dermkanaal, veral in eerste 24 tot 48 uur na geboorte. |
Hy verduidelik dat die samestelling van kolostrum binne 24 uur nĂĄ kalwing begin verander, en die proteĂŻen- en immunoglobien (Ig)-inhoud neem dan vinnig af. In die eerste 24 uur beweeg die teenliggaampies vrylik deur die dermwand. Hierna sluit die dermwand en kan die molekules nie meer deurbeweeg nie.
Lees meer oor ‘n meer natuurlike benadering tot veeboerdery hier.
Van voor-herkouer tot herkouer
Dr Kriel verduidelik dat die oorgangstydperk van wanneer ân kalf van ân voor-herkouer na ân herkouer ontwikkel, tussen vier en agt weke na geboorte plaasvind. âWanneer die kalf begin om water en konsentraat in te neem, vind fermentasie in die rumen plaas. Hierdie fermentasie stel vlugtige vetsure vry, veral bottersuur, wat die ontwikkeling en groei van die rumen stimuleer.â
Om by hierdie mylpaal uit te kom behoort die kalf teen maand een na geboorte, betekenisvolle hoeveelhede konsentraat en hooi te begin inneem. Sodoende is die kalf minder afhanklik van melk, wat weer die risiko van diarree verlaag. âIndien die kalf se inname van ân melkvervanger beperk word en hy vrylik toegang tot konsentraat en hooi het, kan die oorgang reeds op ses weke bewerkstellig word,â sĂȘ hy.
Ontwikkeling van die rumen
Stimulasie van rumenontwikkeling is een van die belangrikste aspekte waaraan aandag gegee moet word. Die inname van konsentraat is dus baie belangrik en behoort reeds van kort na geboorte vir die kalf beskikbaar te wees.
âDaar is ân groot verskil tussen die rumen van ân kalf wat slegs melk ontvang en een wat melk Ă©n hooi of konsentraat ontvang. Die kalf wat slegs melk ontvang se rumen is wit, wat beteken dat bloedtoevoer swak ontwikkel is en absorpsie van voedingstowwe dus laer is.
âMet ân dieet van melk en hooi ontwikkel die papille wel in die rumen, maar dit is steeds swakker as by die kalf wat melk en konsentraat ontvang het. Die beter ontwikkeling word toegeskryf aan die hoĂ«r konsentrasie bottersuur wat tydens fermentasie van die konsentraat vorm en as direkte voedingsbron in die rumenwand dien,â verduidelik dr Kriel.
Lees meer oor hoe om ‘n melkery te bestuur hier.
Ekstras vir rumenontwikkeling
Die inname van skoon drinkwater is ook belangrik vir rumenontwikkeling. âFermentasie vind in ân waterige omgewing plaas. Melk skep nie dieselfde waterige omgewing in die rumen as water nie.â
Die byvoeging van probiotika in die rantsoen, sĂȘ hy, dra ook baie by tot doeltreffende rumenontwikkeling. âProbiotiese organismes skep vir hulself ân gunstige omgewing in die spysverteringskanaal en ân ongunstige omgewing vir skadelike mikroörganismes. Verder bevorder dit die ontwikkeling van die rumen, verminder die voorkoms van diarree, maak die kalf minder gevoelig vir spanning, en verminder die nodigheid vir antibiotika.â
Hy waarsku egter dat probiotika in ân melkvervanger gevoelig is vir temperatuur. Die water waarmee die melkvervanger aangemaak word moet dus nie warmer as 40°C wees nie.
Sy raad aan melkprodusente wat melkvervangers gebruik, is om eerder drie voedings in plaas van twee te gee. âKleiner hoeveelhede melkvervanger verminder die kanse dat dit na die rumen oorspoel en diarree veroorsaak. Begin eerder met ân kleiner voeding per dag en vermeerder dit oor ân paar dae met ongeveer 200mâ/voeding, tot ân uiteindelike inname van 2 tot 3â/voeding.
Lees meer oor Missio Dei, ‘n melkvertakking met ‘n hoĂ«r doel.
âDie voordeel is goeie groei voor speen en dus ân hoĂ« speenmassa, en in die algemeen behou die kalf hierdie voordeel tydens die afrondingsfase teenoor kalwers met ân laer speengewig.â – Koos du Pisanie, Veeplaas
Vir meer inligting, kontak dr Verster Kriel by 044 093 0921 of epos verster@biorem.co.za.