Thursday, November 7, 2024
HomeAgri NewsRaadpleeg kenners voor jy inent

Raadpleeg kenners voor jy inent

Estimated reading time: 3 minutes

Wanneer mense geïmmuniseer word, mag dit nét deur opgeleide persone gedoen word. Daar is baie regulasies en wette hieroor, maar wanneer dit by die immunisering van diére kom, kan enigeen sy diere na goeddunke immuniseer in die hoop dat hy die kol tref.

Dit gebeur egter dikwels dat ’n boer nie die gewenste resultate kry nie en die een wat gewoonlik die skuld kry, is die veemedisynemaatskappy.

Dieregesondheid en veral kuddegesondheid is egter nié so ’n eenvoudige onderwerp nie. Die Doornfontein Landbouvereniging op Prieska het besluit om die inligting van kenners te gebruik om hulle kuddes te verbeter. Kenners op die gebied van veemedisyne, dr Angela Buys van Design Biologix en dr Faffa Malan, se hulp is gevra en boere wat die geleentheid bygewoon het, kan nie uitgepraat raak oor die waardevolle inligting nie.

Dr Buys se boodskap was dat elke siekte ’n ander oplossing het en dit help nie jy immuniseer teen iets wat nie in jou omgewing of kudde voorkom nie.

Ent strategies in

“Dit is belangrik om te weet watter siektes in jou omgewing voorkom en wánneer dit voorkom en dan strategies in te ent volgens ’n program, want entstof is nie behandeling nie. Jy het tyd nodig sodat daardie entstof kan begin werk. As jy egter nie nodig het om in te ent nie, moet dan eerder nie,” was haar boodskap.

Sy het ook bygevoeg dat die entstof daar is om die dier se immuunstelsel te versterk. Dit is onwenslik om te véél in te ent. Entstof is duur en jy wil nie geld in die water gooi nie.

Sy glo vleisprodusente moet meer bewus word van dieresiektes, hoe dit ontstaan en wat om daaraan te doen.

Bespaar inentingskostes

Sy sê ook wanneer ’n siekte in jou kudde uitbreek, is dit belangrik om die regte diagnose daarvoor te kry, want om die verkeerde siekte te behandel, kan jou baie geld kos. Sy het egter ook beklemtoon dat immunisering nie help vir siek diere nie. Immunisering is om voortydig op te tree.

Dit is egter nie altyd so maklik om te weet wat die regte diagnose is nie. Dr Buys het beklemtoon dat dit noodsaaklik is om die regte diagnose te kry, want die entstof gaan net werk waarvoor dit vervaardig is. Vra ‘n veearts om jou te help.

Haar raad aan boere is om hulself te bemagtig.

“Vra vrae en moenie alles wat jy lees of hoor, aanvaar nie. Gaan vind uit wat is die oorsaak van siektes en hoe dit kostedoeltreffend behandel of voorkom kan word.

Ken dieresiektes só uit

Dr Faffa Malan het op sy beurt met die boere gesels oor die Famacha-vyfpuntplan om dieresiektes uit te ken.

Hy sê die kleur van die slymvliese in ’n dier se oë is reeds ’n goeie aanduiding van sy gesondheid. Te veel of te min rooibloedselle dui op siekte.

“Haarwurms is bloedsuiers en ’n swaar parasietbesmetting lei tot lae verhouding rooibloedselle-tot-serum,” verduidelik hy.

Ander ondersoekareas is die neusarea om te bepaal of die dier neuswurm het. Longontsteking, longwurm, bloutong en vuilbek kan ook hier geïdentifiseer word.

Liggaamskondisietelling. Diere wat ondergewig is, is moontlik besmet met parasiete soos bruinmaagwurm, bankrotwurm, langnekbankrotwurm, knoppieswurm en peervormige maagslak.

Misondersoek is ’n goeie aanduiding of die dier aan diarree ly. Parasiete wat diarree veroorsaak, is bruinmaagwurm, bankrotwurm, langnekbankrotwurm, knoppieswurm, sambokwurm, peervormige slakwurm, kriptosporidiose en koksidiose.

’n Kwakkeel is weer ’n teken van haarwurm en lewerslakbesmetting.

Dr Buys het boere uitgenooi om hulle te kontak vir meer inligting oor dieresiektes. – Koos du Pisanie, Plaas Media

RSG Landbou: 7 November 2024 – geborg deur BKB

Die Graan SA Graanprodusent van die Jaar is op 1 November aangewys. Ons luister wat dié boer van die...

It’s time to give agriculture the recognition it deserves

Estimated reading time: 4 minutes While it may lack the glamour of other industries, agriculture is arguably one of the...

RMAA Price Information System report for week 44 2024

Estimated reading time: 2 minutes The Red Meat Abattoirs Association (RMAA) is an independent membership-based organisation, which was established in...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met...

RSG Landbou: 6 November 2024 – geborg deur BKB

Wat is die waarde van veldbultoetse? Nuwe telers het onlangs by die Hoogland Simmentaler-studiegroep in Bethlehem meer hieroor uitgevind. In...

Mankheid by skape: Maak seker jy identifiseer die regte oorsaak

Estimated reading time: 5 minutes Mankheid by skape en bokke kan aan talle oorsake toegeskryf word, van aangebore afwykings, infeksies...

Keep exploring...

Landboumarkoorsig van Desember 2023: Die rand versterk

Estimated reading time: 2 minutes Die rand het tydens Desember ‘n redelike stabiele maand ervaar en teen die einde van die maand versterk. Die maand...

Landboumarkte: Rand, mielies en wol verswak in Januarie

Estimated reading time: 2 minutes Hier volg die oorsig van die landboumarkte in Januarie 2024.Die rand het die jaar goed begin en het gedurende...