Estimated reading time: 2 minutes
Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Die jaarlikse Beaufort-Wes Landbouskou in die hartjie van die Karoo, vind vanjaar van 6-9 Maart plaas. Die vise-president, Corné Nel, vertel ons nou wat besoekers te wagte kan wees.
- Skakel in om te sien wat jy by die 2024 Williston-landbouskou misgeloop het. Ons gesels met Wilhelm Steenkamp, die onder-voorsitter van die skou.
- Die Griekwastad-skou skep onder andere ‘n geleentheid vir produsente in die omgewing om hul diere ten toon te stel en te meet. Anja Meintjes brei nou uit oor dié skou wat vanjaar 14 en 15 Maart plaasvind.
- ‘n Hoogtepunt op die jaarlikse Bonsmara SA-kalender, die Bonsmara nasionale veiling, is om die draai. Benjamin Bosch brei uit oor wat besoekers te wagte kan wees.
- Karoolam is as ‘n Suid-Afrikaanse Geografiese Indikator (GI) geregistreer ingevolge die regulasies op die beskerming van geografiese indikatore en benamings van oorsprong wat van krag is op diereprodukte wat vir verkope in die RSA bestem is. Herman Blignaut van Spoor & Fischer gee nou perspektief.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.