Monday, December 15, 2025

Vee aan die voorpunt – dié week op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Suid-Kapenaars kan vanjaar uitsien na die 193ste Swellendam Skou. Suzaan Smit vertel ons nou wat hierdie skou so uniek maak.
  • Naspeurbaarheid in die rooivleisbedryf is ‘n toenemende werklikheid en die Rooivleisbedryfsdiens (RMIS) het onlangs ‘n dokument gepubliseer wat verduidelik waar die proses in dié verband tans staan. Dr Frikkie Maré en Dewald Olivier gee nou perspektief.
  • Die Nasionale Boranvers Extravaganza het onlangs in Parys plaasgevind en was weereens ‘n hoogtepunt op dié genootskap se jaarkalender. Plaas TV het ook hierdie suksesvolle veiling bygewoon, en hier met rolspelers gesels.
  • Bertus van Heerden, ekonoom van die Melkprodusente-organisasie sluit vandag by ons aan om te gesels oor ‘n verslag wat inligting oor die vertoning in die suiwelbedryf verskaf, met ‘n spesifieke fokus op die vierdie kwartaal van 2024.
  • Dit is amper weer tyd vir die Langspruit Boerevereniging se beesdag en Plaas Media is vanjaar die trotse mediaborg van hierdie inligtingsdag. Francois Scholtz vertel ons nou waarna besoekers kan uitsien.
  • Die landswye siekterapporteringstelsel word deur Veearts Netwerk bedryf in samewerking met die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) en Rooivleisbedryfsdienste (RMIS). Hierdie rapportering word hoofsaaklik gedoen deur privaatveeartse wat in die veebedryf werk, en maandeliks die siektes rapporteer wat hulle op plaasvlak teëkom. Dr Danie Odendaal brei nou hieroor uit.
  • Die Victoria-Wes-skou het verlede jaar klein begin, maar danksy die harde werk van ’n baie gewillige skoukomitee, het die skou vanjaar aansienlik gegroei. Plaas Media se Koos du Pisanie het hier met ‘n paar rolspelers gesels.
https://youtu.be/p6K4R6e7h7Y

Must read

Chubby Chick skietvoorval – tweede direkteur sterf

Estimated reading time: 6 minutes Deon Fourie, mede-direkteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is vanoggend (14 Desember) in 'n Gauteng-hospitaal oorlede. Die nuus is deur...

Voer oppad na kurkdroë Boesmanland

Estimated reading time: 3 minutes Terwyl swaar reënbuie die afgelope tyd oor groot dele van Suid-Afrika neergesak het, het daar nog geen betekenisvolle reën in...

BEK-oorwinning laat Wes-Kaap juig

Estimated reading time: 3 minutes Wes-Kaap kan BEK-beeste begin slag Agri Wes-Kaap (AWK) en die Rooivleisprodusente-organisasie Wes-Kaap (RPOWK) bevestig dat daar geen verdere uitbreking van bek-en-klouseer...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 49 of 2025

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...

A united Limpopo fights back against FMD

Estimated reading time: 3 minutes With four confirmed cases of foot-and-mouth disease (FMD), South Africa’s northernmost province is no longer FMD free after maintaining a...