In vandag se RSG Landbou fokus ons op suiwelhandel en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.
Suiwelhandel
In vanoggend se RSG Landbou fokus ons hoofsaaklik op die suiwelhandel. Twee faktore speel ‘n rol: die beskerming van die plaaslike suiwelmark asook die bevordering van marktoegang. De Wet Jonker van Melk SA gesels met ons hieroor.
Nuutste vleispryse en weervooruitsigte
Chris Derksen brei uit oor die jongste vleispryse in die Noord-Vrystaat en Johan van den Berg gesels weersake.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.