RSG Landbou: 8 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor TLU SA se eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie, topgenetika en die belangrike rol wat skaapboerdery in kommunale gebiede, in Suid-Afrika se wolbedryf speel.

TLU SA Jeugboer van die Jaar

Skoliere met ‘n passie vir landbou het nou ‘n kans om hulle vernuf te wys. TLU SA het onlangs hulle heel eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie bekendgestel. Die organisasie se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, vertel meer hiervan.

LHB Bonsmara oor topgenetika

Dan kry ons ‘n kykie in die wêreld van topgenetika, met Schalk van der Merwe van LHB Bonsmaras wat meer vertel.

Skaapboerdery in kommunale gebiede

Ons kyk ook na die belangrike rol wat skaapboerdery in kommunale gebiede, in Suid-Afrika se wolbedryf speel. Willem Goosen van die Nasionale Wolkwekersvereniging gesels hieroor.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Can I build my own policy?

Estimated reading time: 4 minutes Farming is risky. While most of us accept this as...

Understanding the impact of FMD on SCC and dairy quality

Estimated reading time: 4 minutes Quality defects in milk and dairy products can result from...

Oilseeds Focus June 2026

In the June 2026 issue of Oilseeds Focus we take a look at some...

100 jaar van wolproduksie: Institusionele konsolidasie en piekproduksie (1926 tot 1996)

Estimated reading time: 8 minutes Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) van Suid-Afrika is op 26 Mei...