Landboumarkte: Julie 2025 Skaapvleispryse, prestasies verskil tussen klasse

Estimated reading time: 3 minutes

Gedurende Julie 2025 het die rand met ongeveer 22 sent teenoor die Amerikaanse dollar verswak en sluit die maand af op R18,01 vir een dollar. Die rand het wel teenoor die Euro versterk en sluit die maand af op R20,62 vir een Euro. Die verbruikersprysindeks (VPI) is op 3% beraam vir Junie 2025 wat sowat 0,2% hoër is as ’n maand tevore. Die produsenteprysinflasie vir Junie 2025 is op 0,6% bereken wat sowat 0,5% hoër as in Mei 2025 is. Die prima-uitleenkoers het aan die einde van Julie met 25 basispunte verlaag tot 10,5%. 

Geelmielieprys daal 

Die geelmielieprys het vir ’n opeenvolgende maand ’n dalende tendens getoon en sluit die maand op R4 043/ton af – sowat R68/ton laer as aan die begin van die maand. 

Klein styging in speenkalwerpryse 

Die beeskarkasmark het na ’n paar maande se stygings, ’n daling in Julie 2025 getoon. Die gemiddelde A2-karkasprys het met sowat R4,91/kg gedaal in Julie en sluit die maand op ʼn gemiddelde prys van R72,88/kg af. Die B2-karkasprys het ’n daling van ongeveer R3/kg beleef en’n gemiddelde prys van R57,70/kg vir die maand behaal. Die C2-karkasprys het ook ’n afwaartse tendens ervaar en ’n gemiddelde prys van R57,22/kg is vir die maand bereken. Na laas maand se daling in die mark van speenkalwerpryse het die maand van Julie ʼn effense styging in pryse getoon en die maand afgesluit op ʼn gemiddelde prys van R36,24/kg. 

Skaapvleispryse wissel tussen klasse 

Na Junie se goeie styging in die A2-skaapkarkasprys het die prys effe teruggesak tot op ’n gemiddelde prys van R105,86/kg in Julie. Die B2-skaapkarkasmark ervaar egter ’n styging in pryse en sluit die maand op R75,44/kg af – ’n styging van ongeveer R2,49/kg teenoor Junie 2025. Die C2-karkaspryse het ook ’n stygende tendens getoon met die pryse wat met R3,48/kg gestyg het en sluit die maand dus op ’n gemiddelde markprys van R74,83/kg af. Daar kan gesien word (Figuur 1) dat skaapvleispryse tussen die klasse verskillend vertoon het in Julie 2025. Die stoorlamprys sluit die maand op ’n gemiddelde prys van R49,07/kg af – sowat R0,48/kg laer as in Junie. 

Figuur 1: Skaapkarkaspryse vir 2025 

Varkkarkaspyse styg sterk 

Klas O-varkkarkaspryse het ’n sterk styging in pryse gedurende Julie gesien, met die pryse wat sowat R1,53/kg gestyg het tot ’n gemiddelde prys van R34,18/kg. – Iniel Huggett en dr WA Lombard, Departement van Landbou-Ekonomie, Universiteit van die Vrystaat  

Must read

Die BEK-pad is nié besaai met rose nie

Estimated reading time: 4 minutes ’n Studie in hoe om dit níé te doen nie. Dit is hoe Nick Serfontein die staat se hantering van...

RSG Landbou: 6 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor katbos en hittestres by kleinvee. Katbos Het jy geweet katbos, wat groot probleme vir landbouers veroorsaak,...

LandbouRadio: 6 Mei 2026

In Woensdag, 6 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: In Leon die skaapherder se Woensdagwenk, gesels hy oor blaasstene. Johan gesels met Judi...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos die gradering, gehalte, produksiegebiede en produksiemetodes van lusernhooi. In hierdie...

Glaring lack of industry contributions in gazetted FMD vaccination scheme

Estimated reading time: 7 minutes The final Section 10 Routine Vaccination Scheme for Foot and Mouth Disease (FMD) was published in the Government Gazette on...