In vanoggend se RSG Landbou leer ons Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar beter ken, dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat oor plant- en swamvergiftiging by vee en Agri Culture Gauteng se president praat met ons.
Tienie is Vrystaat se beste jongboer
Tienie Prinsloo van die Hoopstad-omgewing is vanjaar aangewys as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar. Dié 36-jarige van die plaas Loomar gesels oor hulle diverse boerdery wat bestaan uit onder meer pekanneute, lusern en Beefmaster-beeste.
Dr Danie praat oor plant- en swamvergiftiging
Dan kuier dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk weer in die ateljee om oor plant- en swamvergiftiging by vee te praat. Daar was ‘n toename in dié tipe vergiftigings die afgelope winter.
AgriCulture Gauteng se president praat
Verder het ons tydens AgriCulture Gauteng se kongres met hul president, Konrad Burger, gesels.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


