RSG Landbou: 25 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou ontvang ons die nuutste wolmarkverslag, ons vind meer uit oor die Agri Mpumalanga se jongboer van die jaar en ons kry terugvoer oor die RPO se kongres.

Wolmarkverslag

Ons wolveilings het verlede week hervat na die winterreses en Heinrich Victor is aan die woord met die nuutste wolmarkverslag.

Agri Mpumalanga se jongboer vir 2026

Die 33-jarige Anton Pelser is aangewys as Agri Mpumalanga se jongboer vir 2026. Hy is ‘n veeprodusent van die Hendrina-omgewing en ons praat met hom oor sy passie vir landbou.

RPO kongres terugvoer

Verder het die Rooivleisprodusente-organisasie onlangs hul kongres in Pretoria aangebied en ons het daar onder andere met die voorsitter, Frik van Rooyen, gesels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

A free-range label for pigs on grazing

Estimated reading time: 6 minutesSimon Goble knew from an early age that he wanted...

Vaaltyn van die Noordweste

Estimated reading time: 6 minutesDie donkie is ’n dier wat gehelp het om die...

Stockfarm September 2026 hits the shelves

In the September 2026 edition of Stockfarm, we unpack the challenges that South Africa’s...

Oilseeds Focus September 2026

The September 2026 issue of Oilseeds Focus delivers essential insights into identifying tricky stem...