RSG Landbou: 31 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die wêreldwolbedryf, die 2026 LRF Veeskool, AG Bonsmara se produksieveiling en ons ontvang die jongste landbounuus.

Wêreldwolbedryf

Het jy geweet 1952 was ‘n hoogtepunt vir die wêreldwolbedryf as gevolg van die Koreaanse oorlog. Ons het tydens die viering van Nasionale Wolkwekersvereniging se jaarkongres met Izak Staats van BKB hieroor gesels.

2026 LRF Veeskool

Die vleisbeesbedryf funksioneer in ‘n dinamiese omgewing. Markdruk, veesiekterisiko’s en veranderende verbruikersverwagtinge is van die faktore wat ‘n impak op dié bedryf het. Vanjaar se LRF Veeskool fokus hierop en Izaan du Plooy van die Lewendehawe Registrerende Federasie vertel meer.

AG Bonsmara hou veiling

Verder praat Arthur de Villiers van AG Bonsmara oor hul 34ste produksieveiling wat op 10 September in die Vrede-omgewing plaasvind.

Jongste landbounuus

Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande

Estimated reading time: 7 minutesSuurveld kom hoofsaaklik in die hoëreënvalgebiede van die oostelike dele...

Boost young animals’ immunity before the lambing and calving season

Estimated reading time: 4 minutesVaccinating ewes and cows four to six weeks before lambing...

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...

AFMA Matrix September 2026 – Forum issue now available

Estimated reading time: 2 minutesThe September 2026 edition of AFMA Matrix is a special...