RSG Landbou: 26 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor predasiebestuur, die Rooivleisbedryfsdienste se betrokkenheid by die Wagyu Wêreldkonferensie, en ons ontvang die nuutste internasionale landbounuus.

Predasiebestuur

Ken ‘n ongedierte om hom te kan bestuur. So sê Johannes Pienaar van die Predasiebestuursforum. Ongediertebestuur bly ‘n probleem op plase en daarom bied dié forum tans kursusse aan om grondeienaars te help om eers die dier te identifiseer, voor verdere stappe geneem word. Ons hoor meer hieroor.

RMIS en die Wagyu Wêreldkonferensie

Rooivleisbedryfsdienste is betrokke by die Wagyu Wêreldkonferensie wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind, en dr Phillip Oosthuizen vertel wat hulle rol behels en hoe die Wagyu in die rooivleiswaardeketting inskakel.

Internasionale landbounuus

Ons maandelikse internasionale landbounuusbulletin is ook aan die beurt.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

A free-range label for pigs on grazing

Estimated reading time: 6 minutesSimon Goble knew from an early age that he wanted...

Vaaltyn van die Noordweste

Estimated reading time: 6 minutesDie donkie is ’n dier wat gehelp het om die...

Stockfarm September 2026 hits the shelves

In the September 2026 edition of Stockfarm, we unpack the challenges that South Africa’s...

Oilseeds Focus September 2026

The September 2026 issue of Oilseeds Focus delivers essential insights into identifying tricky stem...