HomeAgri NewsLa Motte en Leopard’s Leap kry nuwe hoof

La Motte en Leopard’s Leap kry nuwe hoof

Estimated reading time: 2 minutes

Kobie Lochner is pas aangestel as die nuwe uitvoerende hoof van Historic Wines of the Cape, die bestuursmaatskappy van die bekende La Motte Wynlandgoed en Leopard’s Leap Wines.

Lochner is tans die senior bestuurder vir groei en ontwikkeling by Heineken Beverages International en sal op 2 Junie 2025 by Historic Wines of the Cape aansluit. Volgens ’n persverklaring van Historic Wines of the Cape, bring Lochner waardevolle ondervinding, veral ten opsigte van leierskap, strategiese bestuur, en institusionele ontwikkeling na die tafel.

Lochner neem die leisels by Hein Koegelenberg oor, wat teen die einde van 2025 aftree. Koegelenberg was vir 26 jaar by die maatskappy betrokke. Hy het tydens sy loopbaan onder meer baanbrekerswerk vir Suid-Afrikaanse wyn in die Verre Ooste gedoen en is ook as ’n dinamiese figuur binne wyntoerisme bekend. Die familie en direksie van die maatskappy is opreg dankbaar vir sy waardevolle bydrae en wens hom alles van die beste vir die toekoms toe.

Koegelenberg sê: “Kobie is prestasie-gedrewe en mens-gefokus, en dus die ideale persoon om ons wynhandelsmerke in ’n nuwe fase van groei binne ’n uitdagende wêreldklimaat in te lei. Die span by Historic Wines of the Cape het hom hartlik welkom en sien uit na ’n nuwe hoofstuk onder sy leierskap.”

Om deurlopendheid en ’n soomlose oorskakeling te verseker, sal Lochner tot einde 2025 saam met Koegelenberg werk. – Persverklaring, Historic Wines of the Cape

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 15 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for...

IDF 2024/25 Annual Report highlights key documents

Estimated reading time: 5 minutes The International Dairy Federation (IDF) issued its annual report for 2024/25 late last year. The...

LandbouRadio: 17 April 2026

In Vrydag, 17 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. Johan gesels...

Beskerm só jou vee teen respiratoriese siektes

Estimated reading time: 1 minute Respiratoriese siektes is multifaktoriaal en ontstaan weens komplekse interaksies tussen aansteeklike organismes soos bakterieë, virusse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met...

RSG Landbou: 16 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor 'n hulplessenaar wat deur Agri Noord-Kaap ontwikkel word, billike...

Keep exploring...

Landboumarkte: April 2025 ’n goeie maand vir rooivleispryse

Estimated reading time: 2 minutes In die maand verslag vir April 2025 sien ons dat die rand aan die begin van die maand verswak het,...

Landboumarkte: Mei 2025 Die styging in skaapvleispryse begin taan

Estimated reading time: 3 minutes Gedurende Mei 2025 het ons gesien hoe die rand stelselmatig teenoor die Amerikaanse dollar versterk het en die maand afsluit...