RSG Landbou: 16 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n hulplessenaar wat deur Agri Noord-Kaap ontwikkel word, billike en regverdige diensbeëindiging, ‘n internasionale onkruiddoderweerstandspesialis se besoek aan Suid-Afrika en ons ontvang die nuuste weervooruitsigte en vleispryse.

Hulplessenaar

Agri Noord-Kaap het met ‘n slim plan na vore gekom om ‘n hulplessenaar te ontwikkel met die doel om ‘n databasis op te bou. Eben Anthonissen, voorsitter van omgewingsake by dié organisasie, gesels hieroor.

Billike en regverdige diensbeëindiging

André Bloem, ‘n arbeidspesialis, vertel oor ‘n belangrike onlangse hofuitspraak oor billike en regverdige diensbeëindiging.

Internasionale onkruiddoderweerstandspesialis

Ons hoor ook oor ‘n internasionale onkruiddoderweerstandspesialis se besoek aan Suid-Afrika.

Jongste vleispryse

Chris Derksen staan reg met die jongste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Nuutste weervooruitsigte

En Johan van den Berg is oudergewoonte op sy pos met die jongste weerinligting.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026. This is underscored by the...

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the historic town of Middelburg in...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou ingaan. Die reën het egter...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister...