HomePlaas TVVan 'n skaapskou tot die rol van sout - dié week op...

Van ‘n skaapskou tot die rol van sout – dié week op Plaas TV

Vandag is #kykweervrydag op Plaas TV. Ons kyk terug op sekere hoogtepunte.

Dr Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingsraad werp lig op die rol van sout in herkouervoeding in ‘n gesprek met Lise Roberts.

Die BKB Merino Classic vind op 11 en 12 September by Nampo Kaap in Bredasdorp plaas. Dié geleentheid is Merino SA se nasionale skou. Die bestuurder van Merino SA, Willie van Heerden, gesels met Lise Roberts.

Die afgetrede spesialisnavorser in toegepaste diereteling by die Landbounavorsingsraad se Diereproduksie-eenheid, prof Michiel Scholtz, deel interessante navorsing oor die vrystelling van kweekhuisgasse deur herkouers.

Lise Roberts het met die direkteur van Veearts Netwerk, dr Danie Odendaal, gesels oor die verliese wat plaasvind gedurende die kalwingsproses.

Must Read

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...