Goeie bulvoorbereidingspraktyke is belangrik wanneer beeste vir veilings of skoue voorberei word. Espee Olivier van Molatek deel ‘n paar voerwenke en verduidelik ook waarom oorvet bulle ‘n produsent duur te staan kan kom.
Verder praat ons met Charl Saunderson oor die Penta Genetics-veiling op 17 Mei in Pretoria. Vyf telers van Dorper-en Witdorperskape sal dié top genetika aanbied.
Dan is die datum vir die verklaring van lone aan die Vergoedingsfonds onlangs gewysig. Stephan Pietersen van Work Accident Support verduidelik ook watter ander veranderinge van toepassing is.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.