Monday, December 8, 2025

SA Stamboek/Unistel Nasionale Elite 2025-toekennings

Estimated reading time: 4 minutes

Die SA Stamboek Nasionale Elite Prystoekennings het op 28 April 2025 by Monte Bello Landgoed in Bloemfontein plaasgevind. Hierdie glansgeleentheid gee erkenning aan die beste van die beste telers, stoetkuddes en stoetdiere. Die toekennings is deur die gesogte Vleissentraal/SA Stamboek Nasionale Elite 2025 Bulgroeitoetsklas by Bloemskou voorafgegaan.

Die Stamboek Nasionale Elite 2025 ontwikkelende stoetteler-toekenning is aan Stephen Mkwanazi van Mkwanazi Bonsmara, ’n Bonsmarateler naby Sentrum in Thabazimbi, toegeken. Mkwanazi het in 2014 sy eerste bees in ‘n kommunale gebied naby Brits grootgemaak.

Die Stamboek Nasionale Elite 2025 ontwikkelende stoetteler-toekenning is toegeken aan Stephen Mkwanazi van Mkwanazi Bonsmara. Van links is Herman Labuschagne, bestuurder van data en tegniese dienste by SA Stamboek, Stephen en Palesa Mkwanazi en Leonora Theart, hoof uitvoerende beampte van Unistel.

Jan Boshoff en Barry Hertzog van Boshoff Bonsmaras, geleë in die Delmas/Leandra-distrik van Mpumalanga, het die SA Stamboek/Farmer’s Weekly Nasionale Elite 2025 Mentorteler van die Jaar-toekenning ontvang. Hulle is geloof as ’n uitstekende voorbeeld van ’n stoetteler wat nuwe veeprodusente aktief bystaan om suksesvol te wees. Hulle aktiewe betrokkenheid en deel van kennis en vaardighede met nuwe toetreders is legendaries in die provinsie.

Jan Boshoff en Barry Hertzog van Boshoff Bonsmaras, Mpumalanga het die SA Stamboek/Farmer’s Weekly Nasionale Elite 2025 Mentorteler van die jaar-toekenning ontvang. Op die foto van links is Jan, Ester en Barry Hertzog, Gary Wium, Farmer’s Weekly se algemene bestuurder, en dr Bobbie van der Westhuizen, algemene bestuurder van SA Stamboek.

Die 2025 SA Stamboek-presidentstoekenning is aan prof Almero de Lange toegeken vir ontbaatsugtige toewyding, integriteit en lojaliteit.

Die 2025 SA Stamboek-presidentstoekenning is aan Prof Almero de Lange (regs) toegeken. Koos Vosloo, voorsitter van SA Stamboek, het die toekenning oorhandig.

Die toekenning vir die beste jaarverslag het aan die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika gegaan.

Die toekenning vir die beste jaarverslag is aan die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika toegeken. Van links is Yolanda Venter, Santa Gertrudis-beestelersgenootskap van Suid-Afrika (finalis), Christine van der Merwe van die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, dr Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek, en Marisa Nel van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging (finalis).

Kuddes en stoetkuddes vereer

Die toekenning vir die SA Stamboek/Vleissentraal Nasionale Elite 2025 stoetkudde van die jaar (vleisbeeste) is aan Hendrik Meyer van Rhenostervallei Beefmasters gemaak. Die Angus-kudde van Fredericksburg Landgoed was tweede en die Rouvus Drakensbergerstoet van Gawie en Frik Roux derde.

Collett Farming Meatmasters het weggestap met die SA Stamboek/Vleissentraal Nasionale Elite 2025 stoetkudde van die jaar-toekenning vir kleinvee (vleis en dubbeldoel), met HG Human Dorpers in die tweede plek en JJ Human Dorpers derde.

Die wenner van die SA Stamboek Nasionale Elite 2025 kudde van die jaar vir kleinvee (wol) is DG Hanekom (Merino). JA de Villiers (Merino) was tweede met Korhaansrug Merino van JN Kotze derde.

Die SA Stamboek/Telwiedre Voere Nasionale Elite 2025 kudde van die jaar (suiwel)-toekenning het gegaan aan AJ, JA en PJ Schoonwinkel van Kluitjieskraal Jersey in die Wes-Kaap. In die tweede plek was Joubert en AJ Fourie van Limpopo Melkery, en derde was Jan Grey van Janvos Landgoed.

Die Rooigras Boerperdstoet van Jan Joubert is die wenner van die SA Stamboek/Standard Bank Nasionale Elite 2025 stoet van die jaar (perde)-toekenning, en Rolan Dercksen van Colos Boerboels het die SA Stamboek Nasionale Elite 2025 stoet van die jaar-kategroei vir honde gewen. – Persverklaring, SA Stamboek

  • Platinum vleisbeeskoei-toekennings.

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...

Oilseeds Focus December 2025 

The December issue of Oilseeds Focus explores South Africa’s fertiliser use, smart cultivar choices for profitable...

Stockfarm December hits the shelves

The December 2025 edition of Stockfarm shines the spotlight on the resilience and adaptability...

Trust and muffins lead the way

Estimated reading time: 4 minutes In any business, communicating in silos is the main cause...