Sunday, August 30, 2026
Home Podcasts RSG Landbou: 7 Januarie 2026 – geborg deur Husqvarna

RSG Landbou: 7 Januarie 2026 – geborg deur Husqvarna

57

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die Koringforum se aansoek by die Nasionale Landboubemarkingsraad vir ‘n Artikel 7-ondersoek en Husqvarna vertel ons van die voordele van battery-aangedrewe tuingereedskap.

Koringforum doen aansoek vir Artikel 7-ondersoek

Weet jy wat die rol van die Nasionale Landboubemarkingsraad in terme van ‘n Artikel 7-ondersoek is? Die Koringforum het vir ‘n ondersoek na die koringbedryf aansoek gedoen en in vanoggend se RSG Landbou, verduidelik prof André Jooste, die voorsitter van die forum, waarom dit nodig is.

Voordele van battery-aangedrewe tuingereedskap

Die voordele van battery-aangedrewe tuingereedskap strek wyer as net verlaagde kragverbruik. Moenie ons gesprek met Riaan Kromhout van Husqvarna hieroor misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

error: Content is protected!