In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor Piet Karsten, risikobestuur vir kuilvoerprodusente, ons ontvang die nuutste landbounuus en Julie aartappelmarkverslag.
Tafeldruifprodusent van die Noord-Kaap
Die bekende groente- en vrugteprodusent van die Noord-Kaap, Piet Karsten, was een van die sprekers by die onlangs SA Tafeldruiwekonferensie. Hy boer sedert die vroeë tagtigs met tafeldruiwe en in vanoggend se RSG Landbou luister ons na sy storie.
Risikobestuur vir kuilvoerprodusente
Wat is die grootste risiko vir veeprodusente wat kuilvoer produseer en hoe kan die risiko verskans word? Hanlie Kroese van Santam gee raad.
Landbounuus
Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.
Julie aartappelmarkverslag
Ons sluit ook by Aartappels SA aan vir die Julie aartappelmarkverslag.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
