In Woensdag, 7 Januarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder deel weer sy Woensdagwenk, en die slag beantwoord hy die vraag: Wanneer moet ek my lamhokke gereed kry?
- Carin Venter van Plaas Media gesels met die nasionale skaapboer van die jaar, Richard Amstrong.
- Johan Gunter gesels met dr Gerhard Verdoorn van Croplife SA oor die herwinning van plastiek gifhouers asook die verwydering daarvan.
- Louis Steyl, uitvoerende hoof van Bonsmara SA, praat oor 2025 se hoogtepunte en oor hulle jaarlikse gholfdag wat in Maart plaasvind.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.