Monday, December 15, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 17 September 2025 - geborg deur Netafim

RSG Landbou: 17 September 2025 – geborg deur Netafim

In vanoggend se RSG Landbou is daar gepraat oor die Dohne-Merino-wêreldkongres, suksesvolle drupbesproeiing en Magaliesberg Bonsmaras se veiling.

SA gasheer van Dohne-Merino-wêreldkongres

Suid-Afrika speel in 2026 gasheer vir die Dohne-Merino-wêreldkongres. Ons gesels met Koenas van der Westhuizen van die Dohne-Merino-telersgenootskap.

Onderhoud vir sukses van drupbesproeiing

In ons volgende gesprek met Jovan Erasmus van Netafim, vind ons uit waarom voorkomende onderhoud so belangrik is vir die sukses van drupbesproeiing.

Magaliesberg Bonsmaras hou veiling

Verder gesels Gerhard Strydom van Mazél en Magaliesberg Bonsmaras oor hul veiling van 26 September. 

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Swinburne Boerevereniging: Die hartklop van ’n gemeenskap sedert 1918

Estimated reading time: 4 minutes Die meeste reisigers op die N3 roete tussen Gauteng en Kwazulu-Natal is bewus van die reuse Montrose vulstasie sowat 12km...