In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor organiese vleis en ons ontvang die nuutse weervooruitsigte en vleispryse.
Organiese vleis
Wat presies is organiese vleis en het ons in Suid-Afrika wette en regulasies wat die produksie en bemarking daarvan reguleer? Moenie vanoggend se RSG Landbou-program misloop nie. Ons gesels met prof Phillip Strydom van die Stellenbosch Universiteit hieroor.
Nuutse weervooruitsigte en vleispryse
Johan van den Berg praat met landbouers oor die jongste weervooruitsigte en Chris Derksen is terug met die week se vleispryse.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


