In Donderdag, 12 Februarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na ‘n vol program:
- Johnny van der Merwe van AMT lewer sy weeklikse markverslag.
- Clemens Senekal, jongboer-voorsitter van TLU SA, vertel meer oor dié jaar se jongboerkonferensie.
- Hertie Lerm van Lasarus Game Farm vertel van hulle suksesvolle Ankole- en wildveiling, asook die bulkalf wat so ‘n goeie prys behaal het.
- Johan gesels met Sumarie le Roux van Sum-Mor oor die pad wat haar gelei het na kaasmaak.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.