Sunday, August 30, 2026
Home Podcasts RSG Landbou: 1 Junie 2026

RSG Landbou: 1 Junie 2026

42

In vandag se RSG Landbou is daar meer oor die nuutste bek-en-klouseer hofuitspraak, die rol van ‘n plaagbeheeroperateur en ons ontvang die nuutste landbounuus.

Nuutste bek-en-klouseer hofuitspraak

Die Hooggeregshof in Pretoria het op 25 Mei ‘n bevel uitgereik dat bek-en-klouseer-entstowwe privaat verkry en toegedien mag word. Die hofsaak is ‘n oorwinning vir Sakeliga, SAAI en Vrystaat Landbou, maar die uitspraak het bepaalde implikasies wat nie in ag geneem is nie. Kobus Bester van die Suider-Afrikaanse Stoettelersfederasie gesels met ons hieroor.

Plaagbeheeroperateur

Weet jy wat die rol van ‘n plaagbeheeroperateur is en waarom dié kwalifikasie juis vir nematoloë van belang is? Prabashnie Ramouthar is ‘n nematoloog wat vir 17 jaar al by dié bedryf betrokke en sy vertel ons meer.

Landbounuus

Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

error: Content is protected!