’n Eeu van uitnemendheid verdien uitnemende versekering

Estimated reading time: 4 minutes

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) vier vanjaar sy eeufees! Talle forums en gespreksgroepe bevraagteken dikwels die bestaansreg van kommoditeitsorganisasies en die vraag word dikwels gevra of hulle enigsins waarde toevoeg vir hul lede. Met die herdenking van ‘n groot mylpaal soos hierdie, is dit goed om te reflekteer oor die talle projekte, sake en aangeleenthede waarin die NWKV ‘n wesenlike verskil gemaak het en steeds maak.

’n Organisasie wat omgee

‘n Klompie jare gelede het die NWKV besef dat dekking vir sy lede se veekuddes haas onbekostigbaar geraak het. Die organisasie het dus, in samewerking met Hollard, ‘n spesiale versekeringspolis ontwikkel wat gemik is op bekostigbare rampdekking. Talle wolprodusente is oor die jare deur hierdie dekking van ‘n finansiële ramp gered.

Nou, in hierdie feesjaar, het die NWKV en Hollard weer om ‘n tafel gaan sit en hulself afgevra hoe hierdie oplossing verder belyn kan word met die besondere uitdagings wat wolprodusente in die gesig staar. By Hollard glo ons dat NWKV-lede ‘n tasbare voordeel moet trek uit enige sodanige oplossing en dat dit tot voordeel van produsente, die NWKV, asook die groter landbouomgewing moet strek.

Die uitkoms van daardie gesprek is ‘n gebruikersvriendelike polis wat steeds die kerndekking van die oorspronklike bevat, maar baie meer gebruikersvriendelik en bekostigbaar is. Dit bied aan produsente ook ‘n groter mate van vryheid en keuse wat perke en vlakke van dekking betref.

’n Unieke dekkingstruktuur

Die dekking wat verleen word is juis vir gebeurtenisse waaroor wolprodusente dikwels geen beheer het nie:

  • Brand, weerlig, storms, water, hael, sneeu en verkluiming.
  • Transito na en van die skeerhok – R50 000 per gebeurtenis.
  • Brandbestrydingskoste tydens ‘n transito-eis – R10 000.
  • Outomatiese dekking vir lammers tot en met 12% van die aantal skape wat verseker is, met ‘n maksimum limiet van R800 per lam.
  • Daar is steeds ‘n wagtydperk van tien dae vanaf aanvaarding van die aansoek en wanneer dekking inskop. Dit help nie jy neem die dekking uit wanneer die haelbui reeds losgetrek het nie!
  • Alle skeerbare skape moet verseker word.

Die sleutelveranderinge in die berekening van hierdie dekking is die volgende:

Perke

  • Daar is nou ‘n enkele limiet per plaas/werf en die boer kies ‘n bedrag tussen R1 000 000 en R10 000 000.
  • Die boer kies dan ook ‘n limiet per dier tot ‘n maksimum van R4 000.
  • Lammers word outomaties gedek tot en met 12% van die totale tropgetal en ‘n maksimum van R800 per lam.

Tariewe

  • NWKV-lede betaal ‘n tarief van 0,350% per jaar vir hul gekose perk.
  • Nie-lede sal ‘n tarief van 0,650% betaal.
  • Afgesien van die voordele van NWKV-lidmaatskap wat dit die moeite werd maak, glo ons ook dat die prysverskil produsente sal aanmoedig om by die NWKV aan te sluit.

Bybetaling

  • Die bybetaling vir enige eise beloop 10% van die eis, met ‘n minimum van R25 000.
  • Die bybetaling vir die transito en brandbestrydingskoste is net 10% van die eis met ‘n minimum van R1 000.

Natuurlik moet boere ook nie onverantwoordelik omgaan met hoe hulle hul dekking struktureer nie. Dit maak byvoorbeeld nie sin om te sê jy het 1 000 skape wat elkeen R4 000 werd is, maar jy verseker jou trop vir net R1 000 000 nie. Verseker hulle dan of vir R4 000 000 of verminder die individuele waarde per skaap na R1 000.

Die premie word op die totale bedrag bereken. Sou jy jou kudde vir R1 000 000 verseker, gaan dit jou R3 500 per jaar kos, terwyl R4 000 000 jou R14 000 sal kos. Indien jy nie ‘n lid is van die NWKV is nie, sal die bedrag R6 500 en R26 000 onderskeidelik wees. – Andries Wiese, nasionale besigheidsontwikkelingsbestuurder: Hollard Agri

Maak liefs van ‘n kundige makelaar se dienste gebruik om jou dekking korrek te struktureer. Kontak ons gerus of stuur ’n e-pos na andriesw@hollard.co.za vir meer inligting.

Must read

Agri Wes-Kaap stel Jongboer van die Jaar 2026-kandidate bekend

Estimated reading time: 4 minutes Agri Wes-Kaap het vandeesweek die kandidate vir sy 2026 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig. Die organisasie het...

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026. This is underscored by the...

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the historic town of Middelburg in...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou ingaan. Die reën het egter...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...