RSG Landbou: 4 Maart 2026 – geborg deur Pioneer Saad

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die Agri Securitas Trustfonds wat R1 miljoen ryker geword het en ons ontvang terugvoer oor Pannar se onlangse boeredag op Prieska.

Agri Securitas Trustfonds word R1 miljoen ryker

Die Agri Securitas Trustfonds het onlangs R1 miljoen ryker geword danksy ‘n groep fikse werknemers van NWK en ander lede van die Lichtenburg-gemeenskap. Ysters vir Landbou is ‘n inisiatief wat in 2024 beplan is en op 16 November tot volvoering gekom het toe sewe solo-deelnemers en 12 aflosspanne aan die Mosselbaai Ysterman-kompetisie deelgeneem het. Ons gesels met Alf White van NWK.

Pannar-boeredag

Dan het RSG Landbou die Pannar-boeredag op Prieska bygewoon. Ons hoor oor aalwurms en ander sake wat op die dag bespreek is.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die invloed van individuele spasietoekenning op lammers se voer- en waterinname (Deel 1)

Estimated reading time: 8 minutes Die stygende wêreldvraag na voedsel tesame met ’n afname in...

Van toeka tot nou: Slagdag op die plaas

Estimated reading time: 6 minutes Ná ’n slagdag is daar seep gekook, vet en kaiings...

Agbiz Grain Quarterly May 2026

The May 2026 issue of Agbiz Grain Quarterly boasts an impressive lineup of articles,...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos...