Donderdag, 4 September, se LandbouRadio gaan só lyk:
- In die volgende gesprek in ons reeks oor volstruise, gesels Johan Gunter oor die slag van dié voëls, die versnit van die vleis en hoe die velle verwerk word.
- AMT se dr Johnny van der Merwe doen verslag oor die graanmarkte.
- Ian Grobbelaar, ‘n stoetvee-afslaer van Vleissentraal, vertel meer oor die rekordpryse by die Simbra-eliteveiling in Parys.
- En Thomas Lubbe van Heli Agri en Ockie Vermeulen van NWK praat oor ontbossing.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

