Tuesday, January 13, 2026
HomePodcastsRSG Landbou: 4 September 2025

RSG Landbou: 4 September 2025

Invoer-tariefverhogings, ‘n Simbraveiling, vleispryse en die jongste weerverslag – alles in vanoggend se RSG Landbou.

Hoe raak invoer-tariefverhogings Noord-Kaapse landbou?

‘n Rosyntjieprodusent, Wilco Fourie, gesels oor die impak wat invoertarief-verhogings op landbou in die Noord-Kaap het.

Rekordpryse by Simbra-veiling

Die Simbra-beestelersgenootskap se veiling in Parys het rekordpryse en goeie gemiddelde vir bulle en manlike diere opgelewer. Ian Grobbelaar van Vleissentraal vertel meer.

Vleispryse en weer

Dan is Chris Derksen terug met sy vleisprysverslag en Johan van den Berg gesels landbou-weersake.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

A breed that you like will work with you

Estimated reading time: 6 minutes Pat Bailey and his son, Wade, run a Beefmaster stud and commercial herd at Lily Park farm The farm consists of...

BEK: Wat is nuut?