In Dinsdag, 25 November se LandbouRadio, kan jy uitsien na ‘n propvol program:
- Dr Theo de Jager, direksievoorsitter van SAAI, vertel meer oor die stigting waarby hulle betrokke is om opkomende boere by te staan.
- Dr Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), gesels oor hulle reeks vleispraatjies wat in Januarie volgende jaar afskop.
- Lodewyk Strydom van die Rietbron-landbouskou vertel wat hierdie jaar by die skou aangebied is en wat volgende jaar inhou.
- Johan Gunter praat met Kobus Bester, voorsitter van die Stoettelersfederasie (SBF), oor dié nuut-gestigte organisasie.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor deel die nuutste wolmark-inligting.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.